Vandag se sportnuus

Phumza Maweni en Karla Pretorius. Foto: Facebook.

Netbal:

  • Hoewel hulle nog nie op Suid-Afrikaanse bane in aksie is nie, sal Protea-netbalsterre soos Karla Pretorius, Lenize Potgieter, Phumza Maweni, Shadine van der Merwe en Ine-Mari Venter weer van môre af vir hul onderskeie spanne in Australië se Suncorp-liga uitdraf.

Die Firebirds en die Lightning meet môre saam met die Thunderbirds en die Fever in Brisbane kragte, terwyl spanne soos die Giants, Swifts, Vixens en Magpies komende Sondag sal speel.

Tera Mtembu. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Tera Mtembu, die 29-jarige losvoorspeler van die Sharks, sal binnekort Durban vir die VSA verruil.

Hy het ’n kontrak met die New England Free Jacks in die Major League Rugby-kompetisie onderteken.

  • In die Aotearoa-reeks begin Aaron Cruden môre op losskakel vir die beleërde Chiefs wanneer hulle teen die Crusaders speel.

Warren Gatland se span het hul laaste sewe wedstryde verloor.

Die aksie sal om 09:05 begin.

Chiefs: Damian McKenzie (heelagter), Shaun Stevenson (regtervleuel), Anton Lienert-Brown (buitesenter), Alex Nankivell (binnesenter), Sean Wainui (linkervleuel), Aaron Cruden (losskakel), Brad Weber (skrumskakel), Pita Gus Sowakula (agtsteman), Sam Cane (kaptein en flank), Lachlan Boshier (flank), Mitchell Brown (slot), Tupou Vaa’I (slot), Nepo Laulala (stut), Bradley Slater (haker), Reuben O’Neill (stut). Plaasvervangers: Samisoni Taukei’aho, Ollie Norris, Angus Ta’avao, Naitoa Ah Kuoi, Simon Parker, Lisati Milo-Harris, Kaleb Trask en Quinn Tupaea.

Crusaders: Will Jordan (heelagter), Sevu Reece (regtervleuel), Fetuli Paea (buitesenter), Jack Goodhue (binnesenter), George Bridge (linkervleuel), Richie Mo’unga (losskakel), Mitchell Drummond (skrumskakel), Tom Sanders (agtsteman), Tom Christie (flank), Sione Havili (flank), Mitchell Dunshea (slot), Sam Whitelock (slot), Michael Alaalatoa (stut), Codie Taylor (kaptein en haker) en George Bower (stut). Plaasvervangers: Andrew Makalio, Isi Tu’ungafasi, Oliver Jager, Quinten Strange, Billy Harmon, Bryn Hall, Brett Cameron en Leicester Fainga’anuku.

Krieket:

  • In krieketnuus het Engeland vir Ierland met ses paaltjies in ’n eendagwedstryd in Southampton geklop.

Die Iere het eerste gekolf en is binne 45 boulbeurte vir 172 uitgehaal. Die linkshandige snelbouler Peter Wiley het 5/30 geneem.

Daarna het Engeland se kolwers – sonder Ben Stokes – die wenlopies binne 28 boulbeurte geslaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.