Vandag se sportnuus

Israel Folau het nie die knie gebuig nie. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Steve McNamara, afrigter van die Catalans Dragons, het gesê hy respekteer Israel Folau se besluit om nie die knie te buig nie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging nie.

Die diepgelowige Folau het staande gebly toe sy spanmaats die knie gebuig het vóór hul ligawedstryd teen St Helens.

Hoewel sy aksies kritiek ontlok het, het McNamara gesê dat dit die speler se persoonlike keuse is.

“As spelers en afrigters is ons gekant teen rassisme, maar daar is sommige spelers wat besluit het om nie die knie te buig nie. Dit is hul persoonlike keuse en as bestuur het ons besluit dat ons enigiemand se keuse sal respekteer,” het hy gesê.

Die talentvolle heelagter het verlede jaar op sy Instagram-rekening geplaas dat hel op dronkaards, gays, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodedienaars wag, tensy hulle hulself bekeer. Hy het bygevoeg dat net “Jesus kan red”.

Folau se kommentaar is deur RA veroordeel en hulle het sy kontrak beëindig. Die sportbeheerliggaam het aangevoer dat sy inskrywing die spelers se etiese kode verbreek het en dat dit ’n minagtende gebruik van sosiale media was.

Op sy beurt het Folau weer skadevergoeding van R140 miljoen geëis.

Die twee partye het egter ’n skikkingsooreenkoms bereik.

Krieket:

  • Die eerste toets tussen Engeland en Pakistan begin môre in Manchester.

Die tuisspan het verlede week die reeks teen die Wes-Indiese Eilande met 2 – 1 gewen.

F1:

  • Volgens Ferrari se Charles Leclerc is Valtteri Bottas die enigste persoon wat ’n realistiese kans staan om vir Lewis Hamilton vanjaar in sy spore te stuit.

Hamilton het 88 punte, terwyl sy Mercedes-spanmaat Bottas 58 punte het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vlooi ·

Ek het absolute respek vir hierdie man, want hy is nie ruggraat loos nie, hy is ‘n toonbeeld van Christelike waardes en staan daarby. Waar is die ander….

Manie ·

Die mens emoet begin aanvaar daar is mense wat anders dink en glo as hulle en ferm op hulle beginsels staan. Almal in die lewe is nie ruggraatloos nie. Staan sterk Folau, jy word raak gesien deur die min wat saam met jou glo!!

Die Wolf ·

Nie meer 100 jaar nie dan is BLM in sy maai. Dit begin nou deursyfer dat jy nie hoef te kniel nie, want jy het n reg om n besluit te neem volgens jou beginsels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.