Vandag se sportnuus

Springbokrugby

Die Springbokgroep vir die drie toetse teen Frankryk in Junie word vandag bekendgemaak. Daar sal 31 spelers in die groep wees. Dit is veral die keuse van die skakelpaar wat vir heelwat gissing sorg.

Die Bokke se aanslag op die Rugbykampioenskaptoernooi begin op 19 Augustus. Suid-Afrika se plaaslike wedstryde is in Port-Elizabeth teen Argentinië, in Kaapstad teen die All Blacks en in Bloemfontein teen Australië.

Sewesrugby

Die Blitsbokke is as die 2016/’17-reekswenners aangewys. Die finale punteleer lyk só:

Superrugby

Kom ons loer na die Suid-Afrikaanse groep se punteleer.

Gholf

Op die jongste wêreldranglys is Dustin Johnson steeds die voorste speler.

Motorwedrenne

Na die Franse Moto GP lyk die punteleer só:

Fietsry

Die Toer van Italië se 16de skof word vandag afgelê nadat die ryers gister gerus het.

Algeheel:

Krieket

Die Proteas se reeks teen Engeland begin môre met die eerste Eendagkragmeting. Dié dag-aandwedstryd word op Headingley in Leeds gespeel en begin om 15:00 Suid-Afrikaanse tyd.

Tennis

Op die jongste wêreldranglys is Andy Murray nog gemaklik voor.

In die Vroue-afdeling is die gaping veel nouer.

 

Varsitybekerhokkie

Die eindstryd in vanjaar se vrouekompetisie is gisteraand by die Universiteit van Pretoria gespeel. Tukkies en Maties het mekaar die stryd aangesê en Tukkies het koning gekraai met 1-0.

Sokker

FIFA se o.20 wêreldbekertoernooi word in Suid-Korea gespeel.

Van gister se uitslae lyk só:

Viëtnam 0 – 0 Nieu-Seeland

Ecuador 3 – 3 VSA

Frankryk 3 – 0 Honduras

Suid-Afrika speel môreoggend teen Italië in hul volgende kragmeting.

Die Engelse Premierliga se seisoen is iets van die verlede. Kom ons kyk na die finale punteleer.

In Suid-Afrika se Premierliga het sake só geëindig dié seisoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.