Vandag se sportnuus

Foto: Twitter.

Krieket:

  • Altesaam 32 spelers van die Proteas se hoëprestasiegroep sal van môre ’n kultuurkamp in Skukuza bywoon.

Volgens Krieket Suid-Afrika (KSA) sal daar onder meer op die span se identiteit en prestasiedoelwitte gefokus word.

“Ons het gevoel dat dit belangrik sal wees vir die ouens om saam te kom en te gesels oor die kritieke kwessies en ander faktore wat aandag benodig,” het Khomotso Volvo Masubelele (spanbestuurder) gesê.

Faf du Plessis sal die kamp vir die geboorte van sy tweede kind misloop.

Die spelers wat die kamp sal bywoon is Aiden Markram, Andile Phehlukwayo, Anrich Nortje, Beuran Hendricks, Bjorn Fortuin, Daryn Dupavillon, David Miller, Dean Elgar, Dwaine Pretorius, George Linde, Glenton Stuurman, Heinrich Klaasen, Janneman Malan, Jon-Jon Smuts, Junior Dala, Kagiso Rabada, Keegan Petersen, Keshav Maharaj, Kyle Verryenne, Lungi Ngidi, Lutho Sipamla, Pieter Malan, Pite Van Biljon, Quinton de Kock, Rassie van der Dussen, Reeza Hendricks, Rudi Second, Senuran Muthusamy, Sisanda Magala, Tabraiz Shamsi, Temba Bavuma en Zubayr Hamza.

  • Die vierde dag van die tweede toets tussen Engeland en Pakistan is ook deur reënweer in die wiele gery.

Toe die spel gister vroeg gestaak is, het Engeland 7/1 in hul eerste kolfbeurt gehad. Pakistan is vroeër vir 236 uitgehaal.

Rugby:

  • Volgens mediaberigte kan die goedkoopste kaartjies vir volgende jaar se Britse en Ierse Leeus-toer ongeveer R1 200 kos.

Die Leeus sal hul eerste toets teen die Springbokke op 24 Julie op die FNB Stadion speel.

  • Die Highlanders het die laaste van hul Aotearoa-wedstryde op ’n hoë noot geëindig toe hulle die Hurricanes met 38 -21 in Dunedin geklop het.

Sokker:

  • Sevilla het vir die eindstryd van die Europa-liga gekwalifiseer toe hy vir Manchester United met 2 – 1 in die halfeindstryd getroef het.

Gholf:

  • Tiger Woods sal sy Meesters-titel agter geslote deure op Augusta moet verdedig nadat organiseerders besluit het dat dit nog te gevaarlik is om toeskouers in die Covid-19-era toe te laat.

Die toernooi sal van 12 tot 15 November op Augusta gespeel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Niklaas ·

Die Britse leeus wedstryde sal maar hoofsaaklik deur Britse besoekers bygewoon word , met sulke hoë kaartjie pryse.

Vrijburger ·

Kan SA Rugby uitklaring gee of hulle die knie gaan buig – voor ons besluit of ons kaartjies gaan koop of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.