Vandag se sportnuus

Foto: Twitter/Planet Fitness.

Gimnasiums:

  • Goeie nuus vir fiksheidslawe is dat Planet Fitness gister sy deure in Gauteng heropen het, terwyl lede in KwaZulu-Natal en Kaapstad van vandag weer ’n draai kan maak.

Verskeie gesondheidsmaatreëls is ingestel: Toerusting sal onder meer gereeld skoongemaak word, terwyl die hele gimnasium daagliks ontsmet sal word.

Tesame met handreinigerstasies, koorspistole en personeel wat gereed staan om die toerusting te ontsmet, sal dit ook verpligtend wees om ’n gesigmasker te dra.

“Die dra van maskers in al ons klubs is verpligtend. Ons vra dat ons lede asseblief ten alle tye ’n masker sal dra,” het Planet Fitness in ’n verklaring gesê.

CrossFit:

  • Vanjaar se CrossFit Spele sal in twee gedeel word: ’n Aanlyn kompetisie sal eerstens in die betrokke atlete se lande aangebied word, waarna die vyf beste mans en vroue sake in Kalifornië sal uitspook.

“Die wêreld is in ’n ongekende krisis gedompel. Nadat samesprekings met die atlete en gesondheidsowerhede gehou is, is hierdie formaat ongetwyfeld die beste manier om die Spele aan te bied,” het Dave Castro, Spele-direkteur, gesê.

Die aanlyn kompetisie sal op 18 September begin.

Krieket:

  • In gister se wedstryd van die Karibiese Premierliga het die Amazon Warriors die Patriots met drie paaltjies geklop.

Shimron Hetmeyer het 71 lopies van 44 balle vir die wenspan gemoker.

Sokker:

  • Bayern Munich het Lyon met 3 – 0 in die halfeindstryd van die Champions-liga gewen.

Die Duitse span sal nou in die eindstryd teen Paris St Germain op 23 Augustus speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.