Gholf
Die SA Ope se eerste ronde is gister op die Glendower-baan in Ekurhuleni gespeel.
Ná dag 1 lyk die voorlopersbord so!
1 | Keith Horne | -6 | F | -6 | 66 | 66 |
Trevor Fisher jr. | -6 | F | -6 | 66 | 66 | |
3 | Thomas Aiken | -5 | F | -5 | 67 | 67 |
Rory Mcilroy | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |
Jbe Kruger | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |
Dean Burmester | -5 | F | -5 | 67 | 67 | |
Jordan L Smith | -5 | F | -5 | 67 | 67 |
Ander tellings sluit in:
George Coetzee | -2 | F | -2 | 70 | 70 |
Jaco van Zyl | -1 | F | -1 | 71 | 71 |
Ernie Els | +2 | F | +2 | 74 | 74 |
In die Amerikaanse PGA word die Sony Ope in Honolulu gespeel. Justin Thomas het slegs die 7de speler in PGA-geskiedenis geword om minder as 60 houe in ʼn ronde aan te teken.
1 | Justin Thomas | -11 | F | -11 | 59 | 59 |
2 | Hudson Swafford | -8 | F | -8 | 62 | 62 |
3 | Rory Sabbatini | -7 | F | -7 | 63 | 63 |
38 | Branden Grace | -3 | F | -3 | 67 | 67 |
Krieket
Op die Wanderers in Johannesburg het Suid-Afrika die loot gewen en eerste gekolf op dag 1 van die 3de toets. Die Proteas het die dag afgesluit op 338/3 (90 bb).
Hasim Amla is in sy 100ste toets onoorwonne op 125 lopies. Vroeër het JP Duminy 155 aangeteken.
In Wellington, Nieu-Seeland, het Bangladesj eerste gaan kolf in die eerste toets. Bangladesj het reeds die 400-lopie-merk verbygesteek met 4 paaltjies plat.
Vandag speel Australië en Pakistan in hul eerste eendagwedstryd in Brisbane teen mekaar. Die Aussies het die loot gewen en kolf eerste.
Suid-Afrika se vrouespan het gister teen Bangladesj in ʼn eendagkragmeting te staan gekom en SA het met 86 lopies geseëvier.
Sunfoil-krieketreeks
Ná dag 1 van die meerdagreeks lyk die telkaarte in die 3 wedstryde so!
Op die Diamant Ovaal in Kimberley was geen spel moontlik tussen die Knights en Dolphins nie weens reën.
Op Willowmoore Park in Benoni:
Lions 265/8 (96 bb)
Titans
Op Buffalo Park in Oos-Londen:
Cape Cobras 291
Warriors 5/1 (2.3 ov)
Tydrennuus
Die 39ste Dakartydren se 10de skof oor 751 km is afgehandel.
Motorafdeling:
Stephan Peterhansel is weer die nuwe algehele voorloper nadat hy die 10de skof gewen het selfs nadat hy gestop het om ʼn mededeelnemer te help.
Sebastien Loeb in sy Peugeot is 2de met SA se Geniel de Villiers in sy Toyota nou algeheel 5de.
Motorfietsafdeling:
Brittanje se Sam Sunderland is steeds die algehele voorloper.
Tennis
In Sydney het Gilles Muller die halfeind bereik nadat hy met Pablo Cuevas afgereken het.
Vrouetennis
Agniezka Radwanska het vir Barbora Strycova in die halfeindstryd by die toernoooi in Sydney 6-1 en 6-2 geklop.
Die wêreldnommer 1 wat mans- en vrouespelers betref, Andy Murray en Angelique Kerber, is albei eerste gekeur vir die Australiese Ope wat Maandag begin.
Sokker
Dis ʼn woelige naweek in die Engelse Premierliga wat voorlê.
Saterdag 14 Januarie | ||||
Tottenham Hotspur | v | West Bromwich | White Hart Lane | 14:30 |
Watford | v | Middlesbrough | Vicarage Road Stadium | 17:00 |
West Ham United | v | Crystal Palace | London Stadium | 17:00 |
Burnley | v | Southampton | Turf Moor | 17:00 |
Hull City | v | AFC Bournemouth | Kingston Communications Stadium | 17:00 |
Sunderland | v | Stoke City | Stadium of Light | 17:00 |
Swansea City | v | Arsenal | Liberty Stadium | 17:00 |
Leicester City | v | Chelsea | King Power Stadium | 19:30 |
Sondag 15 Januarie | ||||
Everton | v | Manchester City | Goodison Park | 15:30 |
Manchester United | v | Liverpool | Old Trafford | 18:00 |