Vandag se sportnuus

Lloyd Harris. (AP Photo/Tertius Pickard).

Tennis:

  • Suid-Afrika se Lloyd Harris is deur na die twee ronde van die Amerikaanse Ope nadat hy met Italië se Marco Cecchinato afgereken het.

Die eindtelling was 6-4, 7-5 en 6-2 in die Suid-Afrikaner se guns. Hy het 12 kishoue teenoor  Cecchinato se drie afgevuur en sal nou in die volgende ronde teen België se David Goffin te staan kom.

Dit het egter minder goed met Suid-Afrika se voorste tennisspeler teen Duitsland se Alexander Zverev gegaan. Kevin Anderson het sy openingskragmeting met 6-7, 7-5, 3-6 en 5-7 verloor.

Novak Djokovic het verspot maklik met Damir Dzumhur klaargespeel. Die wêreld se voorste speler het net 23 minute benodig om die eerste stel te wen. Hy het uiteindelik met 6-1, 6-4 en 6-1 koning gekraai.

Padfietsry:

  • Australië se Caleb Ewan het die derde skof van die Tour de France gewen, maar Frankryk se Julian Alaphilippe is steeds die algehele voorloper.

Algehele ranglys ná drie skofte:

  1. Julian Alaphilippe: 13:59:17
    Adam Yates: +4
    3. Marc Hirschi: +7
    4. Tadej Pogacar: +17
    5. Davide Formolo: +17

Krieket:

  • Engeland het sy T20-span vir die komende eendagreeks teen Australië gekies.

Die aksie begin Vrydag in Southampton. Oudergewoonte sal Eoin Morgan die span in witbalkrieket aanvoer.

Engeland-span: Eoin Morgan, Moeen Ali, Jofra Archer, Jonny Bairstow, Tom Banton, Sam Billings, Jos Buttler, Sam Curran, Tom Curran, Joe Denly, Chris Jordan, Dawid Malan, Adil Rashid en Mark Wood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.