Vandag se sportnuus

Suid-Afrika se Lloyd Harris in aksie teen David Goffin. (AP Photo/Seth Wenig)

Tennis:

  • België se David Goffin het gister Suid-Afrika se Lloyd Harris in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope met 7-6, 4-6, 6-1 en 6-4 uitgeskakel.

Vroeër die week het Kevin Anderson sy openingswedstryd teen Duitsland se Alexander Zverev verloor.

Intussen is daar nog g’n keer aan die wêreld se voorste speler, Novak Djokovic, nie. Die Serwiër het gister met Brittanje se Kyle Edmund klaargespeel. Die eindtelling was 6-7, 6-3, 6-4 en 6-2.

Vandag sal sterre soos Serena Williams en Andy Murray in aksie wees.

Rugby:

  • Beauden Barrett en Richie Mo’unga sal mekaar se direkte teenstanders wees in die naweek se Noord-Suid-kragmeting in Nieu-Seeland.

Barrett sal die no. 10-trui vir die Noord-span dra, terwyl Mo’unga die Suid-span se losskakel sal wees.

Die aksie skop Saterdag om 09:10 af en sal regstreeks op SuperSport Grandstand (kanaal 211) uitgesaai word.

Noord-span: Damian McKenzie (heelagter), Sevu Reece (regtervleuel), Rieko Ioane (buitesenter), Anton Lienert-Brown (binnesenter), Caleb Clarke (linkervleuel), Beauden Barrett (losskakel), TJ Perenara (skrumskakel), Hoskins Sotutu (agtsteman), Ardie Savea (flank), Akira Ioane (flank), Tupou Vaa’i (slot), Patrick Tuipulotu (slot en haker), Ofa Tu’ungafasi (stut), Asafo Aumua (haker) en Karl Tu’inukuafe (stut). Plaasvervangers: Ash Dixon, Ayden Johnstone, Angus Ta’avao, Scott Scrafton, Dalton Papalii,  Aaron Smith, Peter Umaga-Jensen en Mitchell Hunt.

Suid-span: Jordie Barrett (heelagter), Will Jordan (regtervleuel), Brayden Ennor (buitesenter), Jack Goodhue (binnesenter), George Bridge (linkervleuel), Richie Mo’unga (losskakel), Brad Weber (skrumskakel), Tom Sanders (agtsteman), Tom Christie (flank), Shannon Frizell (flank), Mitchell Dunshea (slot), Samuel Whitelock (slot en kaptein), Nepo Laulala (stut), Codie Taylor (haker) en Joe Moody (stut). Plaasvervangers: Liam Coltman, George Bower, Tyrel Lomax, Manaaki Selby-Rickit, Dillon Hunt, Finlay Christie, Josh Ioane en Leicester Fainga’anuku.

Krieket:

  • Die eerste T20-wedstryd tussen Engeland en Australië begin môre in Southampton.

Die twee lande sal in drie T20-kragmetings en drie eendagwedstryde teen mekaar speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae