Vandag se sportnuus

Akani Simbine. (AP Photo/Tim Ireland).

Atletiek:

  • Suid-Afrika se vinnigste man, Akani Simbine, het gister die goue medalje in die 100 m-item by die Brons-byeenkoms in Marseille gewen.

Die blitsige Tuks-atleet het die wenstreep eerste met tyd van 10,19 sekondes oorgesteek, ’n kortkop voor die Ivoorkus se Arthur-Gue Cisse.

Die Suid-Afrikaner het in Maart die vinnigste 100 m-tyd van 2020 gehardloop toe hy die Gauteng-Noord Kampioenskap met sy tyd van 9,91 sekondes gewen het.

Die 100 m-uitslae van gister se wedloop in Marseille:

  1. Akani Simbine (Suid-Afrika): 10,19 sekondes
  2. Arthur-Gue Cisse (Ivoorkus): 10,21 sekondes
  3. Mickael Rodgers (VSA): 10,27 sekondes
  4. Mouhamadou Fall (Frankryk): 10,46 sekondes
  5. Dylan Rigout (Frankryk): 10,56 sekondes

Tennis:

  • Ná sy heldedade in die openingsronde van die Amerikaanse Ope in New York is Brittanje se Andy Murray deur Kanada se Felix Auger-Aliassime uitgeskakel.

Die Kanadees het die kragmeting met 6-2, 6-3 en 6-4 gewen.

Oostenryk se Dominic Thiem het op sy 27ste verjaardag ook verspot maklik met Indië se Sumit Nagal klaargespeel om hul wedstryd met 6-3, 6-3 en 6-2 te wen.

Novak Djokovic, die wêreld se voorste speler, speel vandag teen Duitsland se Jan-Lennard Struff in die derde ronde.

Japan se Naomi Osaka sal ook tot die baan terugkeer wanneer sy teen Marta Kostyuk van die Oekraïne te staan kom.

Krieket:

  • Die eerste T20-kragmeting tussen Engeland en Australië begin vanaand in Southampton. Die twee spanne sal ook in ’n eendagreeks gewikkel wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.