Vandag se sportnuus

Rohan Janse van Rensburg. Foto: GB Jordaan)

Rugby:

  • In ’n onderhoud met The Telegraph het die afrigter van die Sale Sharks, Steve Diamond, bevestig dat sewe van sy Suid-Afrikaanse spelers na ’n Springbok-oefenkamp genooi is.

Dit beteken dat spelers soos Akker van der Merwe, Coenie Oosthuizen en Rohan Janse van Rensburg almal deel van Jacques Nienaber se Bok-planne is.

“Hulle is nog hier by ons tot die einde van die seisoen, maar ons sal vir ’n paar wedstryde in die nuwe seisoen sonder hul dienste moet klaarkom,” het Diamond gesê.

Lood de Jager se besering beteken egter dat hy nie die kamp sal bywoon nie.

Intussen is daar bevestig dat die Engelse klub ook die dienste van Cobus Wiese bekom het. Die 23-jarige het vir die Stormers in Suid-Afrika gespeel en hy is ewe tuis op flank as op slot.

  • Met De Jager (skouer), RG Snyman (knie) en Eben Etzebeth (ribbekas) se beserings, kan Nienaber dalk slotte soos Jason Jenkins en Salmaan Moerat nader trek om die Bokke se slotspens te vul.

Tennis:

  • Die nuwe gunsteling om die Amerikaanse Ope-titel te wen, Oostenryk se Dominic Thiem, het vir die kwarteindstryd van die toernooi gekwalifiseer toe hy Kanada se Felix Auger-Aliassime met 7-6, 6-1 en 6-1 gewen het.

Serena Williams se roete na die kwarteindstryd het ’n moeiliker pad gevolg: Sy het teen Griekeland se Maria Sakkari gesukkel, maar het steeds met 6-3, 6-7 en 6-3 gewen.

Krieket:

  • Engeland en Australië speel vandag in die laaste T20-wedstryd van die reeks in Southampton.

Die tuisspan het reeds die reeks met 2-0 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.