Vandag se sportnuus

Edinburgh se Duhan van der Merwe. Foto: Twitter.

Rugby:

  • Vier Suid-Afrikaanse spelers is in die Pro14-droomspan vir die 2019/’20-seisoen ingesluit.

Drie van die spelers, Duhan van der Merwe, Jaco van der Walt en Pierre Schoeman, speel almal vir Edinburgh, terwyl die Cheetahs se Joseph Dweba die enigste speler is wat vir ’n Suid-Afrikaanse span speel.

Die Vrystaatse haker het egter ’n kontrak met Bordeaux Bègles in Frankryk onderteken.

Die Pro14-droomspan vir 2019/’20 lyk so: Blair Kinghorn (heelagter, Edinburgh), Monty Ioane (regtervleuel, Benetton), Rey Lee-Lo (buitesenter, Cardiff Blues), Stuart McCloskey (binnesenter, Ulster), Duhan van der Merwe (linkervleuel, Edinburgh), Jaco van der Walt (losskakel, Edinburgh), John Cooney (skrumskakel, Ulster), Bill Mata (agtsteman, Edinburgh), Will Conors (flank, Leinster), Max Deegan (flank, Leinster), Grant Gilchrist (slot, Edinburgh), Scott Fardy (slot, Leinster), Leon Brown (stut, Dragons), Joseph Dweba (haker, Cheetahs) en Pierre Schoeman (stut, Edinburgh).

  • In nog rugbynuus het die Sale Sharks vir Saracens met 24 – 17 in ’n Gallagher Premiership-wedstryd gewen.

Dit is die Sharks se vierde agtereenvolgende oorwinning.

Tennis:

  • Oostenryk se Dominic Thiem is goed op koers om die Amerikaanse Ope te wen.

Die wêreld se tweede voorste speler het vir die halfeindstryd van die toernooi gekwalifiseer nadat hy met Australië se Alex de Minaur afgereken het.

Die eindtelling was 6-2, 6-1 en 6-4 in Thiem se guns.

Dan het Serena Williams op 38-jarige ouderdom gewys dat sy nog oor genoeg vuur op die tennisbaan beskik toe sy met Tsvetana Pironkova van Bulgarye afgereken het.

Williams het die wedstryd met 4-6, 6-3 en 6-2 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.