Vandag se sportnuus

Wayde van Niekerk. (AP Photo/Tim Ireland, File)

Atletiek:

  • Wayde van Niekerk, Suid-Afrika se Olimpiese 400 m-kampioen, sal vanaand uiteindelik weer op die internasionale verhoog te sien wees.

Van Niekerk het in 2016 die verbeelding van die atletiekwêreld aangegryp toe hy die 400 m-wêreldrekord na 43,03 sekondes by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro verbeter het.

’n Ernstige kniebesering en ’n positiewe Covid-19-toets het gesorg dat hy lank buite aksie was. Hy sal egter vandag sy terugkeer tot internasionale atletiek maak wanneer by die wegspringblokke van die Gala dei Castelli in Switserland aantree.

Rugby:

  • Indien Suid-Afrika wel aan vanjaar se Rugbykampioenskap deelneem, sal dit sonder die dienste van Handré Pollard moet wees.

Die Springbokke se Wêreldbeker-generaal het die afgelope naweek sy kruisligamente tydens ’n wedstryd tussen Montpellier en Racing 92 in Frankryk geskeur en kan vir maande op die krukkelys wees.

Die Rugbykampioenskap begin op 7 November in Australië.

Krieket:

  • Die laaste en beslissende eendagwedstryd tussen Engeland en Australië word môre in Manchester gespeel.

Engeland het die tweede wedstryd met 24 lopies gewen nadat die Aussies se kolflys ineengestort het.  Aaron Finch se span het die eerste kragmeting met 19 lopies gewen.

  • Intussen begin die Indiese Premierliga hierdie Saterdag met die Mumbai Indians en die Chennai Super Kings wat mekaar die stryd aansê.

Suid-Afrika se Faf du Plessis en Imran Tahir kan onder die internasionale spelers tel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.