Vandag se sportnuus

Ter illustrasie. (Foto: GB Jordaan)

Rugby:

  • Plaaslike rugby sal weer op 26 September met die Super Fan Saturday-inisiatief tussen Suid-Afrika se Superrugbyspanne op Loftus Versfeld afskop.

Rugbyondersteuners sal hul eerste proesel van Jake White se Bulls-span kry wanneer die Pretorianers teen die Sharks speel. Die Lions en Stormers sal daarna kragte meet.

Nuweland sal dan die daaropvolgende Saterdag gasheer vir ’n bietjie Springbok-aksie speel. Bok-hulpafrigters Mzwandile Stick en Deon Davids sal die spanne afrig, terwyl Rassie Erasmus (SA Rugby se direkteur van rugby) en Jacques Nienaber (Springbok-afrigter) ook in die omtrek sal wees.

Sestig spelers sal deel van die aksie wees en die afrigters sal soos twee kapteins gedurende ’n pousewedstryd op skool hul spanne kies.

“Dit is nie net ’n lekker geleentheid om Suid-Afrika se beste talent op die rugbyveld te sien nie, maar sal ook die spelers die kans bied om weer hul staal te wys nadat hulle geen rugby vir ses maande gespeel het nie,” het Erasmus gesê.

“Die spelers word aangemoedig om hul vaardighede uit te stal en ’n taai stryd word verwag.”

Weens Covid-19-regulasies word geen toeskouers toegelaat nie, maar die wedstryde sal op TV uitgesaai word.

Krieket:

  • Australië het op ’n dramatiese wyse die derde en beslissende eendagwedstryd teen Engeland in Manchester met drie paaltjies gewen.

Die besoekers moes meer as 300 lopies vir ’n oorwinning jaag en met hul telling op 73/5 het dit na ’n onwaarskynlike droom gelyk.

Maar Glenn Maxwell (108) en Alex Carey (106) het uitstekend saamgewerk om ’n vennootskap van 212 lopies om die sesde paaltjie te geniet.

Hul spogvertoning het gesorg dat die Aussies die reeks met 2-1 beklink het.

Tennis:

  • Spanje se Rafael Nadal het ook sy eerste wedstryd in Rome gewen toe hy verspot maklik met sy landgenoot Pablo Carreno Busta in hul Italiaanse Ope-kragmeting klaargespeel het.

Die telling was 6-1 en 6-1 in Nadal se guns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andrew ·

Voor die mense hulle geld spandeer, gaan daar n knie gebuigery voor die tyd wees?

Vrijburger ·

Ook my eerste gedagte. Daar moet vooraf hieroor uitklaring wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.