Vandag se sportnuus

Elton Jantjies. (Foto: GB Jordaan).

Rugby:

  • Saterdag se wedstryde tussen die Bulls en Sharks, sowel as die Lions en Stormers op Loftus Versfeld sal regstreeks op SuperSport 211 uitgesaai word.

Afskoptye:

16:25: Bulls teen Sharks

18:55: Lions teen Stormers

  • Intussen is daar bevestig dat Qantas sy borgskap-ooreenkoms met Rugby Australië gaan beëindig.

Die lugredery was vir 30 jaar een van die Wallabies se hoofborge.

Tennis:

  • Die Bosniese speler Damir Dzumhur beplan om regstappe teen die organiseerders van die Franse Ope te doen.

Dit kom nadat hy nie toegelaat is om aan die kwalifiserende rondes deel te neem nie omdat sy afrigter positief vir Covid-19 getoets het.

Petar Popovic, die afrigter, hou voet by stuk dat die toets verkeerd is, omdat hy reeds vroeër vanjaar positief vir die virus getoets het.

Die Ope begin op 27 September in Parys en die Franse tennisowerhede beplan om toeskouers op Roland Garros toe te laat. ’n Toename in Covid-19-gevalle in Frankryk het egter gesorg dat daar nou slegs 5 000 toeskouers per dag toegelaat sal word, in plaas van die 11 500 in die aanvanklike beraming.

Krieket:

  • In vandag se IPL-wedstryd speel die Kolkata Knight Riders teen die Mumbai Indians.

Die aksie begin om 16:00.

CrossFit:

  • Ná die eerste ronde van die CrossFit Spele het Mat Fraser en Tia-Clair Toomey reeds geld verdien omdat hulle ’n paar van die aanlyn kompetisie se oefensessies gewen het.

Die twee – wat in aanmerking vir die $300 000 (R5 miljoen)-prysgeld kom as hulle die uiteindelike wenners is – het reeds lekker sakgeld vir ’n paar ure se sweet ontvang.

Fraser het $14 000 (R236 000) in sy sak gesteek, terwyl Toomey $13 000 (R219 000) vir haar poging verdien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Andrew

Na Austrianse rugby miljoene moes spandeer om Isreal Faloa te vervolg en te probeer vernietig, en toe maar moes uitbetaal, loop quantas in elk geval.