Vandag se sportnuus

Motorwedrenne

Die Formule Een Grand Prix van Monaco is gister gejaag en Ferrari het oorheers.

Die Indianapolis 500 is ook gister afgehandel. Takuma Sato van Japan het die wedren gewen. Daar was verskeie ongelukke en die voorlopersposisie het 35 keer gewissel. Fernando Alonso het ook voorgejaag, maar sy motor het onklaar geraak.

Superrugby

Kom ons loer na die naweek se uitslae:

 

Intussen is Lionel Mapoe opgeroep na die Springbokgroep om Lukhanyo Am te vervang wat beseer is. Die Bokke het die week ʼn oefenkamp vir die toetsreeks teen Frankryk.

Gholf

In Europa is die BMW PGA Kampioenskap op Wentworth in England voltooi. Alex Noren het ʼn arend op die 18de aangeteken en ʼn nuwe baanrekord van 62 in die finale ronde behaal.

In Amerika by die Dean & Deluca Uitnodigingstoernooi in Fort Worth het Kevin Kisner koning gekraai.

Tennis

In Genève het die verdedigende kampioen Stanislas Wawrinka in die eindstryd met Mischa Zverev afgereken. Die telling was 4-6, 6-3 en 6-3.

Die Franse Ope het gister op Roland Garros afgeskop. Die eerste groot skok was toe die eerste gekeurde Angelique Kerber deur Ekaterina Makarova met 6-2 en 6-2 uitgeskakel is.

Van die spelers wat in die eerste ronde oorwinnings behaal het, is Grigor Dimitrov, Dominic Thiem, Petra Kvitova en Venus Williams.

Krieket

Die Proteas het hul tweede Eendagkragmeting Saterdag teen Engeland ook verloor.

Engeland      330/6 (50 bb)

Suid-Afrika   328/5 (50 bb)

Engeland wen met 2 lopies.

Die derde en laaste wedstryd word vandag op Lords in Londen gespeel.

Internasionale krieketwedstryde:

Bangladesj             341/9 (50 bb)

Pakistan               342/8 (49.3/50 bb)

Pakistan wen met 2 paaltjies met 3 balle oor.

Nieu-Seeland           189 (38.4 bb)

Indië                  129/3 (26/26 bb, teiken 85)

Indië wen met 45 lopies (D/L-metode).

Atletiek

Caster Semenya het haar derde oorwinning in vanjaar se Diamantliga in die 800 m in Oregon behaal. Haar wentyd was 1 min 57.78 sek.

Fietsry

Die 100ste Toer van Italië het gister ná 21 skofte ten einde geloop. Tom Dumoulin het die wedren gewen.

Skof:

Algeheel:

 

Netbal

Gauteng Noord se Jaguars het die eerste span geword om hul plek in die halfeind van die Brutal Fruit Premier Liga te bespreek. Hulle het die Gauteng Golden Fireballs in Bloemfontein met 56-49 geklop. Gister het die Noord-Wes Flames en  die Wes-Kaap se Southern Stings sake uitgespook. Die Flames het hul plek in die  halfeind verseker met ʼn oorwinning van 49-44.

Sokker

By Fifa se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk gister se uitslae só:

 

In Engeland is die FA-beker se eindstryd Saterdag afgehandel.

Arsenal          2 – 1    Chelsea

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.