Vandag se sportnuus

rugby

Argieffoto.

Rugby:

  • Siya Kolisi en Lukhanyo Am sal Saterdag die twee spanne gedurende die Springbokke se Showdown-wedstryd op Nuweland aanvoer.

Oupa Mohoje sal die kragmeting  egter misloop omdat hy positief vir Covid-19 getoets het. Trevor Nyakane – wat in kontak met Mohoje was – sal ook nie deel van die aksie wees nie.

Spelers wat in oorsese ligas speel, onder  wie Faf de Klerk en Cheslin Kolbe, is ook nie beskikbaar nie.

Die wedstryd sal om 16:55 begin en sal op SuperSport 201 en SuperSport 211 uitgesaai word.

Groen-span: Gianni Lombard (heelagter), Yaw Penxe (regtervleuel), Wandisile Simelane (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Malcolm Jaer (linkervleuel), Elton Jantjies (losskakel), Sanele Nohamba (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Arno Botha (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), Hyron Andrews (slot), JD Schickerling (slot), Luan de Bruin (stut), Bongi Mbonambi (haker) en Ox Nche (stut). Plaasvervangers: Schalk Erasmus, Kwenzo Blose, Thomas du Toit, JJ van der Mescht, Juarno Augustus, Junior Pokomela, Embrose Papier, Manie Libbok, Jeremy Ward en Kade Wolhuter.

Goud-span: Warrick Gelant (heelagter), Rosko Specman (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter en kaptein), Rikus Pretorius (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Damian Willemse (losskakel), Herschel Jantjies (skrumskakel), Sikhumbuzo Notshe (agtsteman), Nizaam Carr (flank), Marco van Staden (flank), Marvin Orie (slot), Salmaan Moerat (slot), Ruan Dreyer (stut), Scarra Ntubeni (haker) en Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Dylan Richardson, Dylan Smith, Carlu Sadie, Jason Jenkins, James Venter, Vincent Tshituka, Ivan van Zyl, Curwin Bosch, Werner Kok en Manuel Rass.

Krieket:

  • In gisteraand se IPL-wedstryd het die Kolkata Knight Riders die Rajasthan Royals met 37 lopies geklop.

Die Kings XI Punjab speel vandag teen die Mumbai Indians.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Lloyd Harris speel vandag in die tweede ronde van die Franse Ope teen die Italiaanse ster Matteo Berrettini.

Die wedstryd sal om 14:15 begin.

Kevin Anderson is dieselfde tyd in aksie teen Serwië se Dušan Lajović.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JBN ·

Groen kwotaspan teen Goud kwotaspan en die wenner is natuurlik BLM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.