Vandag se sportnuus

Kevin Anderson. Foto: Twitter.

Tennis:

  • Suid-Afrika se Kevin Anderson is deur na die derde ronde van die Franse Ope op Roland Garros ná ’n titaniese stryd teen Serwië se Dusan Lajovic.

Die 34-jarige Anderson het verbete teruggeveg om die tweestryd met 6-2, 6-4, 4-6, 3-6 en 6-3 te wen. Die wedstryd het drie uur en 12 minute geduur.

Die uitslag is goeie nuus vir sy ondersteuners wat vantevore maklik kop verloor het as hy ’n stel of twee agter was.

Anderson het nog nooit verder as die vierde ronde van die Franse Ope gevorder nie. Hy het hierdie prestasie in 2013, 2014, 2017 en 2018 vermag.

Hy speel hierna teen Rusland se Andrey Rublev.

  • Dit het egter minder goed met Lloyd Harris gegaan.

Die jong Suid-Afrikaner het teen Italië se Matteo Berrettini verloor.

Die telling was 6-4, 4-6, 6-2 en 6-3 in die Italianer se guns.

Rugby:

  • Manu Tuilagi, die groot Engelse senter, sal vir ses maande op die krukkelys wees nadat hy sy hakspier beseer het.

Hy het die besering opgedoen toe die Northampton Saints se Dan Biggar per ongeluk op hom geval het. Dit beteken dat hy Engeland se Ses Nasies-veldtog sal misloop.

Krieket:

  • In gisteraand se IPL-wedstryd het die Mumbai Indians die Kings XI Punjab met 48 lopies geklop.

Die Chennai Super Kings speel vandag teen die Sunrisers Hyderabad.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.