Vandag se sportnuus

AB de Villiers laat waai met nog ’n ses. Foto: Twitter.

Krieket:

  • AB de Villiers het gisteraand weer eens ’n meesterlike kolfvertoning gelewer toe hy ’n onoorwonne 73 lopies van slegs 33 aflewerings teen die Kolkata Knight Riders gemoker het.

Die Royal Challengers Bangalore-kolwer het 11 grenshoue in sy blitsbeurt geslaan en van sy sesse het amok onder plaaslike motoriste gemaak.

Hy het veral Kamlesh Nagarkoti se boulwerk gestraf en ’n paar van sy sesse het oor die stadion se dak geseil terwyl die bal ’n motor of twee getref het.

Sy beurt het gesorg dat RCB 194/2 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken het, waarna Chris Morris (2/17) en Washington Sundar (2/20) se boulwerk gesorg het dat KKR tot 112/9 beperk is.

Rugby:

  • Kapenaars soos Pieter-Steph du Toit, Ruhan Nel en Seabelo Senatla sal die Stormers se openingswedstryd van die Superrugby Unlocked-reeks teen die Lions misloop.

Sergeal Petersen het egter genoeg van sy hakbesering herstel en is vir die wedstryd beskikbaar.

Tennis:

  • Switserland se Stan Wawrinka het na die volgende ronde van die St. Petersburg Ope deurgedring toe hy Brittanje se Dan Evans geklop het.

Die eindtelling was 3-6, 7-6 en 7-5 in Wawrinka se guns.

Die VSA se Tennys Sandgren het egter in die stof gebyt teen Rusland se Aslan Karatsev. Sandgren, wie se ma ’n Suid-Afrikaner is, het die tweede stel gewen, maar hy het uiteindelik met 7-5, 3-6 en 7-5 verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Moedeloos

Ek het al baie gewonder wie moet vir die skade aan n motor betaal vir balle wat uit die stadions geslaan word.