Vandag se sportnuus

Cristiano Ronaldo. Argieffoto.

Sokker:

  • Die Portugese sokkersuperster Cristiano Ronaldo het positief vir Covid-19 getoets. Die 35-jarige sou vandag teen Swede gespeel het, maar hy is onder selfisolasie geplaas. Volgens berigte toon die spelskepper egter geen simptome nie.

Ronaldo het reeds 101 doele vir Portugal geskiet terwyl hy een van Juventus se staatmakers is.

Volgens Forbes se lys vir rykste bekendes is hy die tweede rykste sportman – naas Roger Federer – ter wêreld. Hy het na raming $105 miljoen in die afgelope finansiële jaar gemaak.

Rugby:

  • Sanzaar het vir die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) ’n bykomende 48 uur tyd gegee om oor die Springbokke se deelname aan die Rugbykampioenskap te besluit.

Maroela Media het Saterdag berig dat Saru in ’n verklaring gesê het dat “daar nog verskeie hekkies wat oorkom moet word as die Springbokke se deelname bevestig sou word”.

Kenners soos Jake White en Wynand Claassen meen egter dat dit dwaas sou wees as die Bokke hul titel sou verdedig; die span het doodeenvoudig net te min voorbereidingstyd gehad.

Die Springbok-breier, Jacques Nienaber, het al vantevore gesê dat die Bokke minstens ses wedstryde agter die blad moet hê om vir internasionale rugby gereed te wees.

Krieket:

  • Die voormalige Protea-kaptein Faf du Plessis is gisteraand vir ’n nulletjie deur die Sunrisers Hyderabad se Sandeep Sharma uitgehaal.

Die Chennai Super Kings het egter steeds die kragmeting met 20 lopies gewen te danke aan goeie vertonings deur Shane Watson (42) en Dwayne Bravo (2/25).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.