Vandag se sportnuus

Krieket

Die Proteas het hul derde eendagkragmeting gister teen Engeland maklik gewen. Engeland het eerste gekolf en was gou in die moeilikheid met 20 lopies vir die verlies van 6 paaltjies.

England 153 (31.1 bb) Rabada het 4 paaltjies platgetrek.

Suid-Afrika het geantwoord met 156/3 (28.5/50 bb).

Suid-Afrika wen met 7 paaltjies (met 127 balle oor).

Engeland wen die reeks met 2-1.

Die IKR se Kampioenetrofee begin Donderdag vir die top-8 eendagspanne in die wêreld.

Junie:
 

Tennis

Die Franse Ope se tweede dag is gister op Roland Garros afgehandel. Die lys van gister se wenners sluit in die vyfde gekeurde Milos Raonic, die tweede gekeurde Novak Djokovic asook die vierde gekeurde Rafa Nadal. Nadal probeer vanjaar om die Franse Ope vir ’n tiende keer te wen. Hy het met Benoit Paire afgereken. Die telling was 6-1, 6-4 en 6-1. In die vroue-enkelspel het Caroline Wozniacki 3 stelle nodig gehad om die 2de ronde te bereik. Die tweede gekeurde Karolina Pliskova is ook deur na die 2de ronde.

Motorwedrenne

Ná die Formule Een Grand Prix van Monaco lyk die puntestand só:

Superrugby

Kom ons loer na die punteleer van die Suid-Afrikaanse groep.

Intussen het die Bulls gehoor dat hul agsteman, Hanro Liebenberg, die res van die Superreeks gaan misloop as gevolg van ’n enkelbesering.

Die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o.20’s begin môre

Gholf

Ná die PGA Kampioenskap op Wentworth in England lyk die jongste ranglys só:

Vroueranglys

Lydia Ko is steeds die voorste speler, met Lee-Anne Pace van Suid-Afrika wat 67ste is.

Sokker

By FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk vandag se bepalings só:

Venezuela                   v          Japan            10:00

Republiek van Korea         v          Portugal         13:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet de jager ·

Volgens my kalender is dit more die 31e Mei. Die eerste wedstyde in die Kampioens trofee is eers op die 1e Junie. MAW, nie more nie

Landi Slatter ·

Dagsê Piet,

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.