Vandag se sportnuus

Tia-Clair Toomey, Dave Castro (Spele-direkteur) en Mat Fraser. Foto: Twitter.

CrossFit Spele:

  • Die VSA se Mat Fraser en Australië se Tia-Clair Toomey het weer eens met die louere by die CrossFit Spele weggestap.

Dit is Fraser se vyfde agtereenvolgende titel, terwyl Toomey reeds vier keer as die fiksste vrou ter wêreld aangewys is.

Ná drie dae van moordende fiksheidsessies het Fraser 1 150 punte opgestapel en Toomey 1 025 om die wentjeks van $300 000 (R4,8 miljoen) in hul sakke te steek.

Uitslae:

Mans:

  1. Mat Fraser (VSA): 1 150 punte
  2. Samuel Kwant (VSA): 605 punte
  3. Justin Medeiros (VSA): 560 punte
  4. Noah Ohlsen (VSA): 540 punte
  5. Jeff Adler (Kanada): 505 punte

Vroue:

  1. Tia-Clair Toomey (Australië): 1 025 punte
  2. Katrin Davidsdottir (Ysland): 665 punte
  3. Kari Pearce (VSA): 585 punte
  4. Haley Adams (VSA): 560 punte
  5. Brooke Wells (VSA): 525 punte

Krieket:

  • In gister se IPL-kragmeting het Ben Stokes se 107 van 60 balle gesorg dat die Rajasthan Royals die Mumbai Indians met agt paaltjies geklop het.

Suid-Afrika se Quinton de Kock is vir ses deur Jofra Archer in die Mumbai Indians se kolfbeurt skoongeboul.

In die eerste wedstryd het die Chennai Super Kings die Royal Challengers Bangalore met agt paaltjies op ’n stadige kolfblad in Dubai geklop.

AB de Villiers het 39 lopies vir RCB aangeteken, terwyl Chris Morris 1/36 vir die manne in rooi geneem het. Faf du Plessis het ’n vinnige 25 van slegs 13 aflewerings vir CSK geslaan.

Tennis:

  • Duitsland se Alexander Zverev het nog ’n ATP-titel verower toe hy die Argentyn Diego Schwartzman met 6-1 en 6-2 in Keulen geklop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.