Vandag se sportnuus

Sebastian Vettel. Foto: AP Photo/Luca Bruno

F1:

  • Die Ferrari-renjaer Sebastian Vettel kla dat sy Ferrari stadiger as Charles Leclerc s’n is.

Die afgelope naweek se Portugal Grand Prix – waar hy tiende geëindig het en Leclerc vierde – het verder petrol op die vuur gegooi.

“Dit is voor die hand liggend dat die ander motor vinniger as myne is,” het ’n ontstoke Vettel gesê.

Maar die Ferrari-baas Mattia Binotto sê die twee motors is presies dieselfde.

“Daar is geen twyfel dat die motors identies is nie. Ek hoop van harte dat Sebastian ’n beter kwalifiserende ronde by die volgende wedren het en vir almal wys waartoe hy in staat is,” het Binotto gesê.

“Charles is ’n baie goeie renjaer, maar ʼn mens kan dalk meer van die ander spanlid verwag.”

Krieket:

  • In gister se IPL-wedstryd het die 41-jarige Chris Gayle die horlosie teruggedraai om 51 lopies van slegs 29 aflewerings vir die Kings XI Punjab teen die Kolkata Knight Riders te slaan.

Die Punjab-span het die wedstryd met agt paaltjies gewen.

In vandag se wedstryd speel Kagiso Rabada en Anrich Nortjé se Delhi Capitals teen die Sunrisers Hyderabad.

Rugby:

  • Die voormalige WP-slot David Ribbans is deel van Engeland se groep van 36 spelers vir die komende toetsseisoen.

Ribbans het vir die Kapenaars se o. 19- en o. 21-spanne gespeel voordat hy in 2017 ’n kontrak met die Northampton Saints onderteken het.

Engeland-groep:

Voorspelers: Tom Curry, Tom Dunn, Ben Earl, Charlie Ewels, Ellis Genge, Jamie George, Jonny Hill, Ted Hill, Maro Itoje, Joe Launchbury, Lewis Ludlam, Beno Obano, David Ribbans, Jack Singleton, Kyle Sinckler, Will Stuart, Sam Underhill, Billy Vunipola, Mako Vunipola, Harry Williams en Jack Willis.

Agterspelers: Joe Cokanasiga, Owen Farrell, George Furbank, Willi Heinz, Jonathan Joseph, Ollie Lawrence, Max Malins, Joe Marchant, Jonny May, Dan Robson, Henry Slade, Ollie Thorley, Jacob Umaga, Anthony Watson en Ben Youngs.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Janine ·

Jy ry al die hele seisoen soos jou agterent. Is mos oppad uit, en voel vere vir die span. Jaloers dat ‘n kind beter as jy vaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.