Vandag se sportnuus

Kevin Anderson. Foto; AP Photo/Seth Wenig

Tennis:

  • Suid-Afrika se Kevin Anderson het gister in Wene met Spanje se Pablo Carreno Busta in ’n ATP-toernooi afgereken.

Die eindtelling was 7-5 en 6-1 in Anderson se guns.

Vroeër het hy ook met Oostenryk se Dennis Novak klaargespeel. Anderson het die wedstryd met 6-7, 6-4 en 7-6 gewen.

Rugby:

  • Die spanne is bekend vir die naweek se laaste Bledisloe-kragmeting tussen die All Blacks en die Wallabies in Sydney.

All Blacks: Beauden Barrett (heelagter), Jordie Barrett (regtervleuel), Anton Lienert-Brown (buitesenter), Jack Goodhue (binnesenter), Caleb Clarke (linkervleuel), Richie Mo’ungu (losskakel), Aaron Smith (skrumskakel), Hoskins Sotutu (agtsteman), Sam Cane (flank en kaptein), Shannon Frizell (flank), Sam Whitelock (slot), Patrick Tuipulotu (slot), Ofa Tu’ungafasi (stut), Dane Coles (haker) en Karl Tu’inukuafe (stut).

Wallabies: Dane Haylett-Petty (heelagter), Filipo Daugunu (regtervleuel), Jordan Petaia (buitesenter), Irae Simone (binnesenter), Marika Koroibete (linkervleuel), Noah Lolesio (losskakel), Nic White (skrumskakel), Harry Wilson (agtsteman), Michael Hooper (kaptein en flank), Ned Hanigan (flank), Matt Phillip (slot), Lukhan Salakaia-Loto (slot), Allan Alaalatoa (stut), Brandon Paenga-Amosa (haker) en James Slipper (stut).

Krieket:

  • In gisteraand se IPL-wedstryd het die Mumbai Indians die Royal Challengers Bangalore met vyf paaltjies geklop.

AB de Villiers is vir 15 uitgehaal, terwyl Quinton de Kock 18 geslaan het. Op die boulfront het Dale Steyn (0/43) en Chris Morris (1/36) maar swaar geleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae