Vandag se sportnuus

Lefébre Rademan. Foto: Twitter.

Netbal:

  • Suid-Afrikaanse netbalspelers soos Lefébre Rademan, Sigi Burger en Ine-Marè Venter gaan binnekort vir Engelse spanne in die Vitality Netball Super League speel.

Venter, wat al vir die Melbourne Vixens en die Queensland Firebirds in Australië in aksie was, sal voortaan vir die Saracens Mavericks speel.

Rademan en Burger sal in die kleure van London Pulse speel.

Rugby:

  • Duhan van der Merwe sal sy tweede internasionale toets speel wanneer die Skotte vir Wallis in ’n Sesnasies-stryd aanvat.

Die blitsige vleuel sal op die plaasvervangersbank wees. Oli Kebble is ook een van Skotland se plaasvervangers.

Skotland: Stuart Hogg (heelagter en kaptein), Darcy Graham (regtervleuel), Chris Harris (buitesenter), James Lang (binnesenter), Blair Kinghorn (linkervleuel), Finn Russell (losskakel), Ali Price (skrumskakel), Blade Thomson (agtsteman), Hamish Watson (flank), Jamie Ritchie (flank), Jonny Gray (slot), Scott Cummings (slot), Zander Fagerson (stut), Fraser Brown (haker) en Rory Sutherland (stut). Plaasvervangers: Stuart McInally, Oli Kebble, Simon Berghan, Ben Toolis, Cornell du Pree, Scott Steele, Adam Hastings en Duhan van der Merwe.

Wallis: Leigh Halfpenny (heelagter), Liam Williams (regtervleuel), Jonathan Davies (buitesenter), Owen Watkin (binnesenter), Josh Adams (linkervleuel), Dan Biggar (losskakel), Gareth Davies (skrumskakel), Taulupe Faletau (agtsteman), Justin Tipuric (flank), Shane Lewis-Hughes (flank), Alun Wyn Jones (slot en kaptein), Will Rowlands (slot), Tomas Francis (stut), Ryan Elias (haker) en Rhys Carre (stut). Plaasvervangers: Sam Parry, Wyn Jones, Dillon Lewis, Cory Hill, James Davies, Lloyd Williams, Rhys Patchell en Nick Tompkins.

Krieket:

  • Ravindra Jadeja het gisteraand die laaste twee aflewerings van die wedstryd vir sesse geslaan om toe te sien dat die Chennai Super Kings vir die Kolkata Knight Riders met ses paaltjies geklop het.

Die Indiese draaier het 31 van slegs 11 balle geslaan om die wedstryd vir sy span te beklink. Suid-Afrika se Lungi Ngidi het 2/34 in sy vier boulbeurte geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.