Vandag se sportnuus

Faf du Plessis in aksie. Foto: Twitter.

Krieket:

  • Die Chennai Super Kings het vir die eerste keer in 11 seisoene nie vir die uitspeelwedstryde van die Indiese Premierliga gekwalifiseer nie.

MS Dhoni se span het vanjaar se reeks in die sewende plek afgesluit met slegs die Rajasthan Royals wat swakker presteer het.

Die voormalige Protea-kaptein Faf du Plessis was egter een van die span se sterre. Hy het sy toernooi met 449 lopies teen ’n gemiddeld van 40,81 en ’n treftempo van 140,75 afgesluit.

  • In gister se wedstryd het Eoin Morgan (68) se kolfwerk en Pat Cummins (4/34) se boulwerk gesorg dat die Kolkata Knight Riders die Rajasthan Royals met 60 lopies geklop het.

Rugby:

  • Dit is presies ’n jaar sedert die Springbokke vir die derde keer in die geskiedenis die Webb-Ellis omhoog gehou het.

Die Bokke het Engeland met 32 – 12 in die eindstryd in Japan getroef.

  • Hoe die punteleer lyk ná die vierde ronde van die Superrugby Unlocked-reeks:
  1. Bulls (15 punte)
  2. Cheetahs (nege punte)
  3. Sharks (nege punte)
  4. Stormers (agt punte)
  5. Lions (sewe punte)
  6. Pumas (vyf punte)
  7. Griekwas (twee punte)

In die komende week se aksie speel die Sharks teen die Cheetahs, terwyl Griekwas teen die Stormers sal kragte meet. In die laaste wedstryd sal die Lions die Bulls op Ellispark aanvat.

Sokker:

  • Cristiano Ronaldo het sy gesondheid met twee doele vir Juventus teen Spezia gevier.

Dit was die Portugese sokkerster se eerste wedstryd sedert hy ’n paar weke gelede positief vir Covid-19 getoets het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae