Vandag se sportnuus

Louis Oosthuizen. (Foto: AP Photo/John Minchillo)

Gholf:

  • Die Meesters-toernooi begin vandag op Augusta en Louis Oosthuizen sal die Suid-Afrikaanse aanslag op die titel lei.

Die 38-jarige Oosthuizen sal saam met Jon Rahm, wat vroeër die week ’n verstommende kolhou in die oefenrondes gespeel het, en Bryson DeChambeau afslaan.

Ander Suid-Afrikaners sluit Christiaan Bezuidenhout, Dylan Frittelli, Justin Harding, Charl Schwartzel en Erik van Rooyen in.

Rugby:

  • Die All Blacks en die Argentynse Pumas speel die naweek in ’n Drienasies-toets op die Bankwest-stadion.

Die Nieu-Seelanders het ’n gedugte span gekies, terwyl dit die Suid-Amerikaners se eerste internasionale toets in maande sal wees.

Afskoptyd is Saterdag om 08:10.

All Blacks: Beauden Barrett (heelagter), Jordie Barrett (regtervleuel), Anton Lienert-Brown (buitsenter), Jack Goodhue (binnesenter), Caleb Clarke (linkervleuel), Richie Mo’unga (losskakel), Aaron Smith (skrumskakel), Ardie Savea (agtsteman), Sam Cane (kaptein en flank), Shannon Frizell (flank), Sam Whitelock (slot), Patrick Tuipulotu (slot), Tyrel Lomax (stut), Dane Coles (haker) en Joe Moody (stut).

Pumas: Santiago Carreras (heelagter), Bautista Delguy (regtervleuel), Matias Orlando (buitsenter), Santiago Chocobares (binnesenter), Nicolas Sanchez (losskakel), Tomas Cubelli (skrumskakel), Rodrigo Bruni (agtsteman), Marco Kremer (flank), Pablo Matera (kaptein en flank), Matias Alemanno (slot), Guido Petti (flank), Francisco Gomez Kodela (stut), Julian Montoya (haker) en Nahuel Tetaz Chaparro (stut).

Krieket:

  • In plaaslike krieketnuus benodig die Dolphins ’n verdere 333 lopies met agt paaltjies staande om die Knights in Bloemfontein te wen.

Die Vrystaters se Raynard van Tonder het 166 lopies in sy span se eerste beurt aangeteken.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae