Vandag se sportnuus

Siya Kolisi en Rassie Erasmus. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Rugby:

  • Die Springbokke is steeds die wêreld se voorste rugbyspan, maar ná die naweek se wedstryde het die All Blacks na die derde plek op die amptelike punteleer geval.

Sam Cane se span het met 25 – 15 teen Argentinië in Sydney verloor. Dit was die eerste keer in 30 toetse tussen die twee lande waarin die All Blacks die onderspit gedelf het.

Die feit dat die Argentyne meer as ’n jaar gelede in ’n toetswedstryd gewikkel was – terwyl die All Blacks al ’n hele paar keer in aksie teen Australië in Bledisloe-kragmetings was – vryf net verdere sout in die Nieu-Seelandse wonde.

Die ranglys het in 2003 deel van wêreldrugby geword en die All Blacks was vir ’n verstommende 507 weke (tussen 2009 en 2019) die voorste span op die internasionale verhoog.

  1. Springbokke 94.20 punte
  2. Engeland 88.42 punte
  3. Nieu-Seeland 88.17 punte
  4. Frankryk 84.59 punte
  5. Ierland 84.57 punte
  6. Australië: 83.86 punte
  7. Skotland 82.28 punte
  8. Argentinië 80.31 punte
  9. Wallis 79.75 punte
  10. Japan 79.29 punte

Krieket:

  • Suid-Afrika se David Wiese het ’n sleutelrol vertolk in die Lahore Qalandars se sege van 25 lopies teen die Multan Sultans in die Pakistan Superliga-kompetisie.

Die 35-jarige Wiese – wat in 20 T20-kragmetings vir die Proteas in aksie was – het ’n onoorwonne 48 van 21 aflewerings vir die Qalandars gemoker, waarna hy 3/27 met die bal geneem het.

Imran Tahir moes met ’n boulontleding van 0/30 vir die Sultans tevrede wees, terwyl Rilee Rossouw 18 lopies vir dieselfde span aangeteken het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MakersMark ·

En daar val “pacific’s triple star” na die laagste plek op die ranglys in ‘n lang tyd……gekners van tande in die land van die “long white cloud”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.