Rugby:
- Die Springbok-losvoorspeler Marcell Coetzee het gister weer sy driedruk-vaardighede onderstreep toe hy vier drieë in Ulster se spogsege van 57–14 teen Zebre in ’n Pro14-wedstryd gedruk het.
Hy het sy driekuns reeds in die eerste helfte van die wedstryd behaal.
First-half hat-trick for big @marcell_coetzee ???? ????@UlsterRugby had the BP in the bag before the break, is there any way back for @ZebreRugby?
???????? Watch Live Now on @eirSport
???????? Watch Live Now on @dazngroup#GuinnessPRO14 #ZEBvULS pic.twitter.com/Kve6bStQJi— PRO14 RUGBY (@PRO14Official) November 16, 2020
Die 29-jarige het vroeër met ’n rits toekennings by sy klub se jaarlikse prysuitdeling weggestap en die Ulster-breier Dan McFarland het in ’n onderhoud gesê dat Coetzee ongetwyfeld verdien om weer ’n Springbok te word.
“Ek hoop van harte dat Marcell vir die Bokke gekies sal word en elke wedstryd vir hulle sal speel. Hy is lief vir Suid-Afrika en hy is lief vir Ulster. As dit nie vir ’n ontydige besering was nie, is ek seker dat hy ook met ’n goue Wêreldbeker-medalje sou gespog het,” het McFarland gesê.
Sokker:
- Bafana Bafana het gister in Port Elizabeth vir Sao Tome en Principe met 4–2 geklop.
Themba Zwane en Percy Tau het die Suid-Afrikaanse doele aangeteken.
Krieket:
- Die joernaliste van Cricinfo het hul beste aflewerings van die eeu gekies.
Dale Steyn se aflewering om van Michael Vaughan ontslae te raak, beklee die vyfde plek op hul lys.
- Ryan Harris teen Alistair Cook
- Mohammad Asif teen VVS Laxman
- Muttiah Muralitharan teen Sadagoppan Ramesh
- Shane Warne teen Andrew Strauss
- Dale Steyn teen Michael Vaughan
- Shoaib Akhtar teen Adam Gilchrist
- Muttiah Muralitharan teen Mark Butcher
- Irfan Pathan teen Mohammad Yousuf
- Andrew Flintoff teen Ricky Ponting
- Shane Warne teen VVS Laxman