Vandag se sportnuus

Rugby:

  • Die Springbok-losvoorspeler Marcell Coetzee het gister weer sy driedruk-vaardighede onderstreep toe hy vier drieë in Ulster se spogsege van 57–14 teen Zebre in ’n Pro14-wedstryd gedruk het.

Hy het sy driekuns reeds in die eerste helfte van die wedstryd behaal.

Die 29-jarige het vroeër met ’n rits toekennings by sy klub se jaarlikse prysuitdeling weggestap en die Ulster-breier Dan McFarland het in ’n onderhoud gesê dat Coetzee ongetwyfeld verdien om weer ’n Springbok te word.

“Ek hoop van harte dat Marcell vir die Bokke gekies sal word en elke wedstryd vir hulle sal speel. Hy is lief vir Suid-Afrika en hy is lief vir Ulster. As dit nie vir ’n ontydige besering was nie, is ek seker dat hy ook met ’n goue Wêreldbeker-medalje sou gespog het,” het McFarland gesê.

Sokker:

  • Bafana Bafana het gister in Port Elizabeth vir Sao Tome en Principe met 4–2 geklop.

Themba Zwane en Percy Tau het die Suid-Afrikaanse doele aangeteken.

Krieket:

  • Die joernaliste van Cricinfo het hul beste aflewerings van die eeu gekies.

Dale Steyn se aflewering om van Michael Vaughan ontslae te raak, beklee die vyfde plek op hul lys.

  1. Ryan Harris teen Alistair Cook
  2. Mohammad Asif teen VVS Laxman
  3. Muttiah Muralitharan teen Sadagoppan Ramesh
  4. Shane Warne teen Andrew Strauss
  5. Dale Steyn teen Michael Vaughan
  6. Shoaib Akhtar teen Adam Gilchrist
  7. Muttiah Muralitharan teen Mark Butcher
  8. Irfan Pathan teen Mohammad Yousuf
  9. Andrew Flintoff teen Ricky Ponting
  10. Shane Warne teen VVS Laxman

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.