Vandag se sportnuus

Dominic Thiem. Foto: Twitter.

Tennis:

  • Oostenryk se Dominic Thiem is die speler om dop te hou by die ATP Finals-toernooi in Londen. Nadat hy vroeër met die verdedigende kampioen Stefanos Tsitsipas afgereken het, het hy gister in ’n aanskoulike wedstryd met Rafael Nadal afgereken.

Die telling was 7-6 en 7-6 in die Oostenryker se guns. In die proses het hy senuwees van staal getoon om die valbylstryde met 9-7 en 7-4 te wen.

Thiem speel môre teen Andrey Rublev, terwyl Nadal met Tsitsipas kragte sal meet.

In vandag se wedstryd speel Novak Djokovic teen die Parys Meesters-kampioen Daniil Medvedev.

Rugby:

  • Die Cheetahs-slot JP du Preez sal ook binnekort sy tasse vir Engeland pak waar hy vir die Sale Sharks sal uitdraf.

Die hemelbesem van 2,09 m het in ’n radio-onderhoud met OFM gesê dat hy baie na Bloemfontein sal verlang, maar dat hy gereed is vir ’n nuwe uitdaging.

“Dit was ’n baie groot voorreg om vir die Cheetahs te speel en dit gaan ’n emosionele dag wees om vir oulaas die trui oor my kop te trek,” het hy gesê.

Krieket:

  • In krieketnuus maak Australië en Indië gereed vir die eerste eendagwedstryd tussen die twee lande op 27 November in Sydney.

Indië sal drie eendag- en T20-wedstryde sowel as vier toetse teen die Aussies speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.