Vandag se sportnuus

Tennis

Die Franse Ope se vierde dag is gister op Roland Garros afgehandel. Die lys van wenners sluit gekeurde spelers in soos Dominic Thiem, Novak Djokovic asook Rafael Nadal. Kevin Anderson sal vandag kragte meet met Nic Kyrgios.

In die Vroue-enkelspel het Venus Williams en Caroline Wozniacki deurgedring na die derde ronde, maar Petra Kvitova is uitgeskakel.

In die Dubbelspel sal Suid-Afrika se Raven Klaasen, en sy spanmaat, Rajeev Ram, vandag in die tweede ronde teen Jebavý en Veselý te staan kom.

 Krieket

Die IKR se Kampioenetrofee begin vandag met Engeland wat teen Bangladesj speel.

Motorfietswedrenne

Die Grand Prix van Italië word Sondag gejaag. Intussen het Valentino Rossi aangekondig dat hy alles in die stryd werp om dié naweek in aksie te wees. Rossi het vroeër beserings opgedoen in ’n motocross-ongeluk. Op die huidige punteleer is Maverick Vinales die voorloper.

Superrugby

Dié naweek se bepalings lyk só:

Internasionale Rugby

Die Britse Leeus se toer na Nieu-Seeland begin komende naweek met hul eerste van tien wedstryde teen die Provinsiale Barbarians. Die wedstryd word Saterdagoggend om 09:35 Suid-Afrikaanse tyd gespeel.

Intussen is Ruan Ackermann en Lwazi Mvovo opgeroep om hulle by die SA ‘A’-span aan te sluit, wat dié maand teen die Franse Barbarians gaan speel.

Die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o.20’s het gister in Georgië begin.

Die Baba-Bokkies het geensins aan die verwagtinge voldoen nie en het swak gespeel. Frankryk het alle aspekte van die spel oorheers. Suid-Afrika was gelukkig om in die doodsnikke van die wedstryd met 23-elk gelykop te speel. Van die ander uitslae lyk só:

Gholf

Die Memorial Toernooi in Ohio begin later vandag as deel van die Amerikaanse PGA-reeks. Charl Schwartzel en Retief Goosen is die twee Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees.

In Europa slaan die spelers af in die Nordea Meesters in Swede. Nege Suid-Afrikaners, wat insluit George Coetzee, Jaco Van Zyl en Richard Sterne, sal hul stokke swaai.

Sokker

By FIFA se o.20 wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk gister se uitslae só:

Engeland      2 – 1    Costa Rica
Zambië          4 – 3    Duitsland
Uruguay        1 – 0    Saoedi-Arabië

 Vandag se bepalings:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.