Vandag se sportnuus

Foto: Twitter.

Krieket:

  • Krieket Suid-Afrika het gisteraand bevestig dat een Protea-speler positief vir Covid-19 getoets het.

Twee ander spelers wat in aanraking met die individu was, is ook in isolasie geplaas. Hulle toon egter geen simptome nie en daar is nie plaasvervangers nadergetrek vir die komende witbalkrieket-reekse teen Engeland nie.

Die Proteas is van 27 November in T20- en eendagkrieketreekse teen Engeland gewikkel. Die Engelse toergroep is ook vir die virus getoets, maar geen positiewe uitslae is ontvang nie.

Die Protea-groep: Quinton de Kock, Temba Bavuma, Junior Dala, Faf du Plessis, Bjorn Fortuin, Beauran Hendricks, Reeza Hendricks, Heinrich Klaasen, George Linde, Keshav Maharaj, Janneman Malan, David Miller, Lungi Ngidi, Anrich Nortje, Andile Phehlukwayo, Dwaine Pretorius, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi, Lutho Sipamla, Jon-Jon Smuts, Glenton Stuurman, Pite van Biljon, Russie van der Dussen en Kyle Verreynne.

Rugby:

  • Die Wallabies het ’n vaskopstut van 135 kg gekies om die Argentynse voorspeler-vuur met vuur te beveg.

Taniela Tupou vervang Allan Alaalatoa voor in die skrum, terwyl Scott Sio ook in die skrum gaan sak.

Die Suid-Amerikaners is tans op die kruin van die golf nadat hulle verlede Saterdag die All Blacks met 25 – 15 in Sydney geklop het.

Wallabies: Tom Banks (heelagter), Tom Wright (regtervleuel), Jordan Petaia (buitesenter), Hunter Paisami (binnesenter), Marika Koroibete (linkervleuel), Reece Hodge (losskakel), Nic White (skrumskakel), Harry Wilson (agtsteman), Michael Hooper (kaptein en flank), Ned Hanigan (flank), Matt Philip (slot), Rob Simmons (slot), Taniela Tupou (stut), Brandon Paenga-Amosa (haker) en Scott Sio (stut). Plaasvervangers: Folau Fainga’a, Angus Bell, Allan Alaalatoa, Rob Valentini, Liam Wright, Jake Gordon, Noah Lolesio en Filipo Daugunu.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.