Vandag se sportnuus

Morné Steyn. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Morné Steyn, die Bulls se 36-jarige generaal, sal nie vir die Pretorianers in hul finale wedstryd van die Superrugby Unlocked-toernooi teen die Pumas op Loftus Versfeld uitdraf nie.

Steyn was in aanraking met iemand wat positief vir Covid-19 getoets het en as voorsorgmaatreël is hy in isolasie.

Die ster-losskakel het reeds 62 punte in die reeks aangeteken en dit is duidelik dat hy weer sy rugby in Pretoria geniet.

Steyn se plek in die beginspan word deur die opwindende Chris Smith gevul.

Die Pumas sal hul span vandag aankondig. Spanbestuurder Marius van Rensburg het vanoggend aan Maroela Media bevestig dat die span nog op die uitslae van die jongste Covid-19-toetse wag.

Die wedstryd skop môre om 14:00 af.

Bulls: David Kriel (heelagter), Travis Ismaiel (regtervleuel), Stedman Gans (buitesenter), Cornal Hendricks (binnesenter), Kurt-Lee Arendse (linkervleuel), Chris Smith (losskakel), Ivan van Zyl (skrumskakel), Duane Vermeulen (kaptein en agtsteman), Arno Botha (flank), Marco van Staden (flank), Ruan Nortje (slot), Walt Steenkamp (slot), Trevor Nyakane (stut), Corniel Els (haker) en Jacques van Rooyen (stut). Plaasvervangers: Joe van Zyl, Gerhard Steenkamp, Marcel van der Merwe, Sintu Manjezi, Nizaam Carr, Embrose Papier, Clinton Swart en Marco Jansen van Vuren.

  • Intussen is Rhyno Smith terug vir die Cheetahs in hul laaste wedstryd van die reeks teen die Griekwas in Kimberley.

Die Vrystaters sal hul seisoen weer op koers wil kry nadat hulle verlede week met 30–13 teen die Stormers op Nuweland verloor het.

Die span sweet egter nog oor die wedstrydfiksheid van die kaptein, Junior Pokomela, wat sy gewrig beseer het. Indien hy nie gereed vir die kragmeting is nie, sal hy deur Aidon Davids vervang word.

Die wedstryd begin Saterdag om 16:30.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Rhyno Smith (regtervleuel), Howard Mnisi (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Tian Schoeman (losskakel), Tian Meyer (skrumskakel), Jeandré Rudolph (agtsteman), Junior Pokomela (kaptein en flank)/Aidon Davis (flank), Andisa Ntsila (flank), Carl Wegner (slot), Ian Groenewald (slot), Hencus van Wyk (stut), Reinach Venter (haker) en Boan Venter (stut). Plaasvervangers: Jacques du Toit, Cameron Dawson, Khutha Mchunu, Oupa Mohoje, Aidon Davis/Chris Massyn, Ruben de Haas, Reinhardt Fortuin en William Small-Smith.

Moto GP:

  • Sondag se Grand Prix word in Portugal aangebied en Suid-Afrika se Brad Binder sal oorgehaal wees om op sy goeie prestasie in Spanje voort te bou.

Hy het vyfde in Valencia geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.