Vandag se sportnuus

Siya Kolisi. Foto: Anne-Christine POUJOULAT / AFP.

Rugby:

  • Die Curriebeker begin amptelik hierdie naweek en in een van die groter derby-wedstryde speel die WP gasheer vir die Blou Bulle op Nuweland.

Goeie nuus vir die Kapenaars is dat Siya Kolisi en Alistair Vermaak weer saam met die span begin oefen het.

Kolisi is sedert die Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Pumas op Mbombela op die krukkelys nadat hy sy dyspier in die eerste helfte van die kragmeting beseer het.

“Siya is weer fiks en hy lyk baie goed,” het Rito Hlungwani, die Streeptruie se voorspeler-afrigter gesê.

“Of hy egter deel van die naweek se aksie gaan wees, is nog ’n ope vraag. Hy is egter baie opgewonde om weer deel van die opset te wees.”

Krieket:

  • Die Protea-openingskolwer Aiden Markram kon nie ’n enkele lopie by sy oornagtelling van 149 teen die Warriors op SuperSportpark voeg nie.

Die 26-jarige Markram is deur Sinethemba Qeshile van Marco Jansen se boulwerk uitgevang.

Thando Ntini, seun van die voormalige Protea-blits Makhaya, het twee paaltjies in die Warriors-beurt laat kantel.

Die Oos-Kapenaars het tans 319/6 op die telbord, net een lopie agter die Pretorianers se eerstebeurttelling van 320.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Androclus ·

Ek sien die opskrif in Die Son koerant. Siya pak Bulle.Vergeet maar daarvan hulle lek nou nog hulle wonde.

Pieter ·

As ek kon en die berig was my berig sou ek daai karakter nooit opsit in n my foto’s nie. Daar is baie meer met inborste, en sonder rassisme agendas.

MakersMark ·

Sing ‘n liedjie in die tonnel, draf op, maak ‘n paar tackles. Hoe harder die wedstryd voor hoe vroeër bankie toe gewoonlik op 50 min.

Die Wolf ·

Hy gaan nie lank hou nie. Sal oorskadu word en dan weer knie probleme kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.