Vandag se sportnuus

Cristiano Ronaldo. Foto: Twitter.

Sokker:

  • Portugal se Cristiano Ronaldo het gisteraand die 750ste doel van sy roemryke sokkerloopbaan aangeteken.

Die 35-jarige het die doel in Juventus se wedstryd teen Dynamo Kyiv aangeteken. Die Italianers het die kragmeting met 3 – 0 gewen.

Ronaldo het 450 doele vir Real Madrid aangeteken, 118 vir Manchester United, 102 vir Portugal, 75 vir Juventus en vyf vir Sporting.

Rugby:

  • Die Westelike Provinsie het Damian Willemse na heelagter geskuif vir hul wedstryd teen die Leeus op Ellispark.

Dié skuif kom nadat Warrick Gelant vir nege maande op die kantlyn sal wees nadat hy sy ligamente geskeur het.

WP: Damian Willemse (heelagter), Seabelo Senatla (regtervleuel), Ruhan Nel (buitesenter), Dan du Plessis (binnesenter), Angelo Davids (linkervleuel), Tim Swiel (losskakel), Godlen Masimla (skrumskakel), Juarno Augustus (agtsteman), Ernst van Rhyn (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), JD Schickerling (slot), Salmaan Moerat (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker) en Steven Kitshoff (stut). Plaasvervangers: Scarra Ntubeni, Ali Vermaak, Neethling Fouche, David Meihuizen, Marcel Theunissen, Johan du Toit, Paul de Wet, Tristan Leyds, Jaco Coetzee, Kade Wolhuter en Rikus Pretorius.

Krieket:

  • Die Titans se Aiden Markram het sy derde agtereenvolgende honderdtal in die plaaslike franchise-reeks geslaan.

Die 26-jarige openingskolwer het 113 lopies van 192 balle vir die Pretorianers teen die Cobras aangeteken.

Hy het in sy vorige wedstryd teen die Warriors 149 en 121 geslaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jakes ·

Dit blyk dat beide Dvid Miller en Phetlukwayo onder kwarentyn was oor Covid en daarom bnie in die T20 gespeel het nie. Hule is egter nou gereed en sal n reuse verl maak in die eendagreeks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.