Vandag se sportnuus

Morné Steyn. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Morné Steyn is terug vir die Blou Bulle wanneer hulle môre teen die Cheetahs op Loftus Versfeld kragte meet.

Die 36-jarige losskakel het die Pretorianers se laaste paar wedstryde weens Covid-19-regulasies misgeloop. Sy insluiting beteken dat die talentvolle Chris Smith na die plaasvervangerbank sal skuif.

Die aksie begin môre om 16:30 en dit sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Bulls: Kurt-Lee Arendse (heelagter), David Kriel (regtervleuel), Stedman Gans (buitesenter), Cornal Hendricks (binnesenter), Marco Jansen van Vuren (linkervleuel), Morné Steyn (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Duane Vermeulen (kaptein en agtsteman), Arno Botha (flank), Marco van Staden (flank), Walt Steenkamp (slot), Sintu Manjezi (slot), Marcel van der Merwe (stut), Johan Grobbelaar (haker) en Gerhard Steenekamp (stut). Plaasvervangers: Corniel Hendricks, Jan-Hendrik Wessels, Trevor Nyakane, Ruan Nortje, Nizaam Carr, Ivan van Zyl, Chris Smith en Marnus Potgieter.

  • Die voormalige Leeus-losskakel, Jaco van der Walt, sal Saterdag sy internasionale buiging in Dublin maak wanneer Skotland teen Ierland speel.

Die 26-jarige Van der Walt is deesdae een van Edinburgh se sterre en hy het onlang gekwalifiseer om vir Skotland te speel.

Duhan van der Merwe, Oli Kebble en WP Nel is die ander Suid-Afrikaners in die Skotse groep.

Skotland: Stuart Hogg (kaptein en heelagter), Darcy Graham (regtervleuel), Chris Harris (buitesenter), Duncan Taylor (binnesenter), Duhan van der Merwe (linkervleuel), Jaco van der Walt (losskakel), Ali Price (skrumskakel), Matt Fagerson (agtsteman), Jamie Ritchie (flank), Blade Thomson (flank), Jonny Gray (slot), Scott Cummings (slot), Zander Fagerson (stut), Fraser Brown (haker) en Rory Sutherland (stut). Plaasvervangers: Stuart McInally, Oli Kebble, WP Nel, Sam Skinner, Blair Cown, Sam Hidalgo-Clyne, Huw Jones en Sean Maitland.

Krieket:

  • Die eerste eendagkragmeting tussen die Proteas en die Engelse toerspan word vandag op Nuweland beslis.

Quinton de Kock se span het die pasvoltooide T20-reeks teen Eoin Morgan se toerspan met 3 – 0 verloor.

Die wedstryd begin om 13:00 en dit sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Gholf:

  • Christiaan Bezuidenhout, die wenner van verlede week se Alfred Dunhill-kampioenskap, is een van die voorlopers in die Suid-Afrikaanse Ope op die Gary Player-buiteklub.

Die 26-jarige Bezuidenhout het ’n ronde van 67 gespeel.

Voorlopers ná die eerste dag se spel:

67 Christiaan Bezuidenhout, Dean Burmester, Ruan Korb, Jacques Kruyswijk, Matthias Schwab en Aron Zemmer.

 

68 Dylan Frittelli en Matthieu Pavon.

 

69 Wilco Nienaber, Neil Schietekat, Toby Tree en Justin Walters.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rentia

Vandat sport manne begin kniel het, kan ek nie ‘n veer voel of hulle wen of verloor, wie speel waar en wat gebeur.

Androclus

Al wat ek weet die Cheetahs is môre in die leeukuil.

Dup

Ek verneem daar is nog heelwat kaartjies oor op Loftus…..