Vandag se sportnuus

Bismarck du Plessis. Foto: AFP/Lionel Bonventure.

Rugby:

  • Bismarck du Plessis, Bryan Habana en Tendai Mtawarira is in Wêreldrugby se span van die dekade aangewys.

Die drie Suid-Afrikaners is saam met sewe Nieu-Seelanders in die span. Daarbenewens is die All Blacks se Richie McCaw as die beste speler van die afgelope tien jaar aangewys.

Hy is saam met Pieter-Steph du Toit (Suid-Afrika), Dan Carter (Nieu-Seeland), Kieran Read (Nieu-Seeland), Brodie Retallick (Nieu-Seeland), Beauden Barrett (Nieu-Seeland), Thierry Dusautoir (Frankryk) en Johnny Sexton (Ierland) vir dié eer benoem.

Span van die dekade: Ben Smith (heelagter, Nieu-Seeland), George North (regtervleuel, Wallis), Brian O’Driscoll (buitesenter, Ierland), Ma’a Nonu (binnesenter, Nieu-Seeland), Bryan Habana (linkervleuel, Suid-Afrika), Dan Carter (losskakel, Nieu-Seeland), Conor Murray (skrumskakel, Ierland), Sergio Parisse (agsteman, Italië), Richie McCaw (flank, Nieu-Seeland), David Pocock (flank, Australië), Sam Whitelock (slot, Nieu-Seeland), Brodie Retallick (slot, Nieu-Seeland), Owen Franks (stut, Nieu-Seeland), Bismarck du Plessis (haker, Suid-Afrika) en Tendai Mtawarira (stut, Suid-Afrika).

Sokker:

  • Norma Durango, ’n Argentynse politikus, wil ’n Diego Maradona-banknoot uitreik.

Die Argentynse sokkerlegende is vanjaar op 25 November oorlede, net ’n paar dae nadat hy sy 60ste verjaardag gevier het.

“Die idee is nie slegs om hulde aan een van ons land se ikone te bring nie, maar dit kan terselfdertyd ook vir ons ekonomie ’n hupstoot gee. Wanneer toeriste die land besoek, sal hulle ’n ‘Maradona’ saam met hulle wil huis toe neem,” het Durango gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Coenraad ·

Hahaha bakkies Botha en Victor nie in die span nie…. asb tog. Jy kan sien dit is weer ‘n Kiwi wat die span saam gestel het. Richie McCaw is die beste vuil speler van die dekade.

Niklaas ·

Die ondersteuners van Engeland sal dit verwerp as nog een bevooroordeelde span saamgestel deur Kiwi’s.

MakersMark ·

Bakkies en Victor was beter as die twee kiwi slotte in die span uitverkorenes. En dan was Schalk Burger beter as David Pockock op enige dag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.