Vandag se sportnuus

Foto: Twitter.

Sokker:

Die Kampioene Liga-wedstryd tussen Paris Saint-Germain en Istanbul Basaksehir het gisteraand tot ’n skielike einde gekom toe al twee spanne se spelers uit protes van die veld gestap het.

Die spanne beskuldig een van die wedstrydbeamptes van rassisme tydens ’n onderonsie met Basaksehir se Kameroense hulpafrigter, Pierre Webo, in die 14de minuut van die wedstryd.

Webo is met ’n rooi kaart na die kleedkamers gestuur. Op sy beurt voer hy aan dat die Roemeense wedstrydbeampte, Sebastian Coltescu, rassistiese taal gebruik het.

Volgens TV-materiaal het ’n ontstoke Webo gevra waarom rassistiese terminologie gebruik is om hom mee te beskryf.

AFP het die onderonsie vertaal en Coltescu het na bewering gesê: “Dit is onmoontlik. Gaan identifiseer hom – die swart een.”

Demba Ba, ʼn Senegalees en Basaksehir se doelskieter, het daarna vir Coletscu gesê dat kleur nooit ’n faktor is wanneer daar van ’n wit persoon gepraat word nie.

PSG se Neymar en Kylian Mbappe het ook koppe met die wedstrydbeampte gestamp.

Die sokkerbeheerliggaam UEFA het in ’n verklaring gesê dat hy die voorval deeglik sal ondersoek, terwyl die kragmeting vir vanaand herskeduleer is.

Nederlandse en Poolse wedstrydbeamptes sal aan die stuur van sake wees.

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het op sosiale media die gebeure veroordeel.

Krieket:

  • Australië het gister se T20-wedstryd teen Indië met 12 lopies in Sydney gewen.

Die Aussies het 186/5 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken te danke aan goeie kolfwerk deur Matthew Wade (80) en Glenn Maxwell.

Virat Kholi (85) het die besoekers se lopiejaagtog gelei, maar Mitch Swepson (3/23) het ’n stokkie voor ’n Indiese oorwinning gesteek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

So wat sou die verskil gewees het as daar gesê is “the white one”, waarna moes die skeidsregter verwys het? Wat van as dit ‘n Arabier was hy is nog wit nog swart!

Pieter

HAHAH!!! Wel as jy swart i sis jy swart. Nes ek wit is soos ons gereeld hoor van rassiste soos eff. (Nou wonder ek wat is sy kleur dan?)