Die Franse Ope se agste dag is gister op Roland Garros afgehandel. Die lys van manswenners sluit gekeurde spelers in soos Kei Nishikori, Rafael Nadal en Novak Djokovic. Milos Raonic is egter uitgeskakel.
Kevin Anderson het in die derde ronde met Kyle Edmund van Brittanje in vyf stelle afgereken. Anderson sal vandag in die vierde ronde teen die sewende gekeurde Marin Cilic te staan kom vir ʼn plek in die kwarteindronde.
In die vroue-enkelspel het Elina Svitolina en Karolina Pliskova hul derde ronde wedstryde gewen. Venus Williams en Garbine Muguruza is egter op pad huis toe.
Krieket
In die IKR se Kampioentrofee was die Proteas Saterdag in Londen in aksie.
Suid-Afrika 299/6 (50 bb) Hashim Amla behaal 103 lopies
Sri Lanka 203 (41.3 / 50 bb) Imran Tahir neem 4 paaltjies vir 27 lopies.
Suid-Afrika wen met 96 lopies.
Gister het Indië en Pakistan kragte gemeet in Birmingham.
Indië 319/3 (48 bb)
Pakistan 164 (33.4/41 bb, teiken: 289)
Indië wen met 124 lopies (D/L metode)
Bepalings
Motorfietswedrenne
Die Moto GP Grand Prix van Italië is gister gejaag.
In die Moto 2 het Suid-Afrika se Brad Binder tiende geëindig. Sy broer, Darryn Binder, het in die Moto 3 afdeling vierde oor die wenstreep gejaag.
Padwedlope
Die jaarlikse Comrades-marathon is gister gehardloop. Vanjaar se manswedloop van Durban na Pietermaritzburg is deur ʼn Suid-Afrikaner gewen.
Mans
In die vroue-afdeling het die VSA koning gekraai.
Superrugby
Dié naweek se uitslae lyk sò:
Internasionale Rugby
Die Britse Leeus het hul toer deur Nieu-Seeland Saterdag teen die Provinsiale Barbarians op ʼn wennoot begin. Die Leeus het gesukkel maar uiteindelik met 13-7 gewen.
By die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o/20’s in Georgië lyk gister uitslae sò:
Netbal
Kom ons loer na gister se uitslae in die Brutal Fruit Premierliga in Bloemfontein.
Die Stars het die Baobabs met 55-40 geklop en die Sunbirds het met die Diamonds 94- 6 afgereken.
Gholf
In die VSA is die Memorial-toernooi voltooi.
In die Europese reeks is die Nordea Meesters gister afgehandel.
Die Zambiese Ope is deur Suid-Afrikaners oorheers.
Sokker
Op die FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk gister se uitslae só:
Portugal (4) 2 – 2 (5) Uruguay
Venezuela 2 – 1 USA
Europese Kampioeneliga
Cristiano Ronaldo het twee doele aangeteken in Real Madrid se 4-1 oorwinning oor Juventus in Saterdag se eindstryd in Cardiff. Daarmee het Real die eerste span in die kampioeneliga-era geword om sy titel suksesvol te verdedig.