Vandag se sportnuus

Tennis

Die Franse Ope se agste dag is gister op Roland Garros afgehandel. Die lys van manswenners sluit gekeurde spelers in soos Kei Nishikori, Rafael Nadal en Novak Djokovic. Milos Raonic is egter uitgeskakel.

Kevin Anderson het in die derde ronde met Kyle Edmund van Brittanje in vyf stelle afgereken. Anderson sal vandag in die vierde ronde teen die sewende gekeurde Marin Cilic te staan kom vir ʼn plek in die kwarteindronde.

In die vroue-enkelspel het Elina Svitolina en Karolina Pliskova hul derde ronde wedstryde gewen. Venus Williams en Garbine Muguruza is egter op pad huis toe.

Krieket

In die IKR se Kampioentrofee was die Proteas Saterdag in Londen in aksie.

Suid-Afrika   299/6 (50 bb)            Hashim Amla behaal 103 lopies
Sri Lanka      203 (41.3 / 50 bb)    Imran Tahir neem 4 paaltjies vir 27 lopies.

Suid-Afrika wen met 96 lopies.

Gister het Indië en Pakistan kragte gemeet in Birmingham.

Indië               319/3 (48 bb)
Pakistan        164 (33.4/41 bb, teiken: 289)

Indië wen met 124 lopies (D/L metode)

Bepalings

Motorfietswedrenne

Die Moto GP Grand Prix van Italië is gister gejaag.

In die Moto 2 het Suid-Afrika se Brad Binder tiende geëindig. Sy broer, Darryn Binder, het in die Moto 3 afdeling vierde oor die wenstreep gejaag.

Padwedlope

Die jaarlikse Comrades-marathon is gister gehardloop. Vanjaar se manswedloop van Durban na Pietermaritzburg is deur ʼn Suid-Afrikaner gewen.

Mans

In die vroue-afdeling het die VSA koning gekraai.

Superrugby

Dié naweek se uitslae lyk sò:

Internasionale Rugby

Die Britse Leeus het hul toer deur Nieu-Seeland Saterdag teen die Provinsiale Barbarians op ʼn wennoot begin. Die Leeus het gesukkel maar uiteindelik met 13-7 gewen.

By die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o/20’s in Georgië lyk gister uitslae sò:

Netbal

Kom ons loer na gister se uitslae in die Brutal Fruit Premierliga in Bloemfontein.

Die Stars het die Baobabs met 55-40 geklop en die Sunbirds het met die Diamonds 94- 6 afgereken.

Gholf

In die VSA is die Memorial-toernooi voltooi.

In die Europese reeks is die Nordea Meesters gister afgehandel.

Die Zambiese Ope is deur Suid-Afrikaners oorheers.

Sokker

Op die FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk gister se uitslae só:

Portugal             (4) 2 – 2 (5)           Uruguay
Venezuela                2 – 1                  USA

Europese Kampioeneliga

Cristiano Ronaldo het twee doele aangeteken in Real Madrid se 4-1 oorwinning oor  Juventus in Saterdag se eindstryd in Cardiff.  Daarmee het Real die eerste span in die kampioeneliga-era geword om sy titel suksesvol te verdedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.