Vandag se sportnuus

Rilee Rossouw. Foto: Marco Logari/AFP.

Krieket:

  • Die Sydney Sixers het Sondag die Melbourne Renegades met 145 lopies in ’n Big Bash League-wedstryd gewen.

Josh Philippe se spogbeurt van 95 lopies het die weg vir die Sixers se telling van 205/4 gebaan, waarna Ben Dwarshuis (4/13) se boulwerk gesorg het dat die Renegades vir 60 lopies uitgeknikker is.

Die voormalige Protea-kolwer, Rilee Rossouw, is met sy eerste bal vir ’n nulletjie uitgehaal.

  • Die Knights se talentvolle kolwer, Raynard van Tonder, het ’n onoorwonne 180 lopies vir sy Bloemfonteinse span in hul meerdaagse wedstryd teen die Lions geslaan.

Die 22-jarige handhaaf ’n kolfgemiddeld van 46,88 en hy het ’n paar weke terug ook ’n pragbeurt van 166 teen die Dolphins geslaan.

  • Nieu-Seeland is nou saam met Australië die wêreld se voorste toetskrieketspan nadat hulle die Wes-Indiese Eilande met ’n beurt en 12 lopies in Wellington ore aangesit het.

Neil Wagner, dievoormalige Pretorianer, het 3/54 in die Windies se opvolgbeurt geneem.

Rugby:

  • Die verskillende groepe vir die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk word vandag aangekondig.

Die Springbokke het nog net drie groepwedstryde (Engeland in 2003, Japan in 2015 en Nieu-Seeland in 2019) verloor in die sewe toernooie waarin hulle in aksie was.

Die groep-loting vind vandag om 13:15 plaas.

Sokker:

  • Gister se uitslae van Engeland se Premierliga:

Burnley 1 – 0 Arsenal

Leicester City 3 – 0 Brighton & Hove Albion

Fulham 1 – 1 Liverpool

Crystal Palace 1 – 1 Tottenham Hotspur

Southampton 3 – 0 Sheffield United

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.