Vandag se sportnuus

Frans Steyn. Foto: Charly Triballeau/AFP.

Rugby:

  • Frans Steyn sal die posisionele skuif van binnesenter na losskakel maak wanneer die Cheetahs hierdie naweek teen die Pumas in Mbombela speel.

Die 33-jarige het verlede week soos oudergewoonte met sy stelskoppe teen die Leeus beïndruk toe hy ’n strafskop van 64 m oor die dwarslat gejaag het.

Die wedstryd begin Vrydagaand om 19:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Duncan Saal (regtervleuel), Dries Swanepoel (buitesenter), Howard Mnisi (binnesenter), William Small-Smith (linkervleuel), Frans Steyn (losskakel), Ruben de Haas (skrumskakel), Jeandré Rudolph (agtsteman), Aidon Davis (flank), Andisa Ntsila (flank), Reniel Hugo (slot), Carl Wegner (slot en kaptein), Khutha Mchunu (stut), Marnus van der Merwe (haker) en Boan Venter (stut). Plaasvervangers: Louis van der Westhuizen, Cameron Dawson, Erich de Jager, Oupa Mohoje, Chris Massyn, Tian Meyer, Reinhardt Fortuin en Rhyno Smith.

Pumas: Tapiwa Mafura (heelagter), Luther Obi (regtervleuel), Erich Cronjé (buitesenter), Ali Mgijima (binnesenter), Etienne Taljaard (linkervleuel), Devon Williams (losskakel), Chriswill September (skrumskakel), Willie Engelbrecht (agtsteman), Phumzile Maqondwana (flank), Daniel Maartens (flank), Pieter van Vuren (slot en kaptein), Le Roux Roets (slot), Ig Prinsloo (stut), Simon Westraadt (haker) en Morgan Naude (stut). Plaasvervangers: AJ le Roux, Dewald Maritz, Wikus Groenewald, Darrien Landsberg, Ewart Potgieter, Ginter Smuts, Tiaan Botes en Wayne van der Bank.

Krieket:

  • Die eerste toets tussen Australië en Indië het vandag in Adelaide begin met die besoekers wat die loot gewen het en besluit het om eerste te kolf.

Mitchell Starc (1/17) en Pat Cummins (1/3) het egter in ’n japtrap van Indië se openingskolwers ontslae geraak.

Cheteshwar Pujara (17) en Virat Kholi (5) is tans voor die paaltjies en Indië het 41/2 op die telbord.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.