Vandag se sportnuus

Duane Vermeulen. Foto: GB Jordaan.

Rugby:

  • Ten spyte van die feit dat die Blou Bulle weens positiewe Covid-19-gevalle laas op 12 Desember – toe hulle teen die Haaie verloor het – ’n rugbywedstryd gespeel het, het hulle steeds ’n paar sterk spelers in hul span vir vanmiddag se Jukskei-derby teen die Leeus op Loftus Versfeld.

Duane Vermeulen sal oudergewoonte die Pretorianers aanvoer, terwyl Chris Smith en Embrose Papier die skakelpaar is.

Jan Uys sal sy buiging op slot maak nadat hy verlede jaar sy Franse klub vaarwel geroep het en die skuif na Pretoria gemaak het.

In die Leeukamp begin die gewese Bloubulkaptein, Burger Odendaal, op buitesenter vir die Rooibontes, terwyl Jannie du Plessis en Willem Alberts weer in die beginspan is.

Die Johannesburgers is tans onoorwonne in hul vyf Curriebeker-wedstryde.

Die wedstryd begin om 16:00 en sal op SuperSport uitgesaai word.

Bulle: David Kriel (heelagter), Jade Stighling (regtervleuel), Marnus Potgieter (buitesenter), Jay-Cee Nel (binnesenter), Stravino Jacobs (linkervleuel), Chris Smith (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman en kaptein), Elrigh Louw (flank), Marco van Staden (flank), Ruan Nortje (slot), Jan Uys (slot), Trevor Nyakane (stut), Schalk Erasmus (haker) en Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Jacques van Rooyen, Marcel van der Merwe, Janko Swanepoel, Ivan van Zyl, Morné Steyn en Tim Agaba.

Leeus: Tiaan Swanepoel (heelagter), Stean Pienaar (regtervleuel), Burger Odendaal (buitesenter), Dan Kriel (binnesenter), Courtnall Skosan (linkervleuel), Elton Jantjies (kaptein en losskakel), Andre Warner (skrumskakel), Len Massyn (agsteman), Vincent Tshituka (flank), Marnus Schoeman (flank), Marvin Orie (slot), Willem Alberts (slot), Jannie du Plessis (stut), Jaco Visagie (haker) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan-Henning Campher, Ruan Dreyer, Carlu Sadie, Reinhard Nothnagel, Wilhelm van der Sluys, Ross Cronje, Wandisile Simelane en Francke Horn.

Krieket:

  • Nieu-Seeland is tans die voorste toetskrieketspan ter wêreld nadat hulle Pakistan in die pasvoltooide reeks verrinneweer het.

Die Kiwi’s het die laaste toets in Christchurch met ’n beurt en 176 lopies gewen om die reeks met 3 – 0 te beklink.

Kane Williamson – wat 388 lopies teen ’n gemiddeld van 129,33 geslaan het – is as die speler van die reeks aangewys.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.