Vandag se sportnuus

Marnus Labuschagne vier sy vyftigtal teen Indië. Foto: Saeed Khan/AFP.

Krieket:

  • Ná ’n kort lopiedroogte is die voormalige Klerksdorper Marnus Labuschagne uiteindelik weer tussen Australië se voorste lopiemakers in die toetsreeks teen Indië.

Labuschagne – wat op tienjarige ouderdom saam met sy ouers na Australië verhuis het – het 91 lopies in die tuisspan se eerste beurt van die derde toets in Sydney geslaan. Hy het twee goeie vennootskappe saam met Will Pucovski (61) en Steve Smith (131) gedeel.

Australië is uiteindelik vir 338 uitgehaal en Indië het tans 61/0 op die telbord.

Rugby:

  • Die Cheetahs het vyf veranderinge aan hul beginspan gemaak vir hul laaste Curriebeker-wedstryd teen Griekwas in Kimberley.

George Cronjé, Conraad van Vuuren, Marnus van der Merwe, Duncan Saal en Ruben de Haas kry almal speelkans, terwyl Frans Steyn weer op binnesenter gekies is.

Cheetahs: Clayton Blommetjies (heelagter), Duncan Saal (regtervleuel), Dries Swanepoel (buitesenter), Frans Steyn (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), Reinhardt Fortuin (losskakel, Tian Meyer (skrumskakel), Jeandré Rudolph (agtsteman), George Cronjé (flank), Andisa Ntsila (flank), Reniel Hugo (slot), Carl Wegner (slot en kaptein), Conraad van Vuuren (stut), Marnus van der Merwe (haker) en Boan Venter (stut). Plaasvervangers: Louis van der Westhuizen, Cameron Dawson, Khutha Mchunu, Victor Sekekete, Chris Massyn, Ruben de Haas, Howard Mnisi en Rhyno Smith.

Griekwas: James Verity-Amm (heelagter), Daniel Kasende (regtervleuel), Harlon Klaasen (buitesenter), André Swarts (binnesenter), Eduan Keyter (linkervleuel), Tinus de Beer (losskakel), Zak Burger (kaptein en skrumskakel), Johan Momsen (agtsteman), Stefan Willemse (flank), Gideon van der Merwe (flank), Cameron Lindsay (slot), André Smith (slot), John-Roy Jenkinson (stut), Alandré van Rooyen (haker) en Mox Mxoli (stut). Plaasvervangers: CJ Conradie, Bandisa Ndlovu, Tijde Visser, Ewan Coetzee, Siba Qoma, Ashlon Davids, George Whitehead, Ederies Arendse, Andrew Beerwinkel, Raegan Oranje en Masixole Banda.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.