Die Franse Ope se negende dag is gister op Roland Garros afgehandel. Die lys van manswenners sluit gekeurde spelers in soos Andy Murray, Kei Nishikori en Stan Wawrinka.
Kevin Anderson het in die vierde ronde teen die sewende gekeurde Marin Cilic te staan gekom vir ʼn plek in die kwarteindronde. Anderson het egter vroeg in die tweede stel tou opgegooi met ʼn bobeenbesering.
In die vroue-enkelspel het die vyfde gekeurde Elina Svitolina asook
derde gekeurde Simona Halep na die kwarteindronde deurgedring. Karolina Pliskova, die tweede gekeurde, is ook deur na die kwarteind.
Krieket
By die IKR se Kampioenetrofee was Australië en Bangladesj gister in aksie.
Reën het deurgaans die septer geswaai en die wedstryd het onbeslis geëindig.
Bepalings
Motorfietswedrenne
Na die Moto GP Grand Prix van Italië lyk die jongste punteleer só:
In Moto 2 is Suid-Afrika se Brad Binder 17de terwyl sy broer, Darryn Binder, in die Moto 3-afdeling, 12de op die punteleer is.
Internasionale Rugby
Die Britse Leeus se volgende wedstryd op hul toer deur Nieu-Seeland word môre gespeel.
Bepalings
Duane Vermeulen, Lionel Mapoe en Damian de Allende sal nie Saterdag vir die Bokke teen die Franse op Loftus kan speel nie. Al drie spelers sukkel met beserings.
Superrugby
Na dié naweek se uitslae lyk die punteleer in die Australasiese Groep só:
By die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o.20’s in Georgië word die volgende wedstryde Donderdag gespeel. Die baba-bokkies sal teen Argentinië op die veld draf.
Netbal
In die Brutal Fruit Premierliga sal die halfeindwedstryde komende naweek beslis word. Die Golden Fireballs sal teen die North West Flames speel, terwyl die Stings en die Jaguars sake sal uitspook.
Gholf
Rory McIlroy het herstel van sy ribbesering en sal later die maand by die VSA Ope in aksie wees.
Na afloop van die naweek se toernooie lyk die Wêreldranglys sò:
Lydia Ko is steeds die voorste vrouespeler in die wêreld, met Suid-Afrika se Lee-Anne Pace nou 69ste.
Sokker
By FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk gister se uitslae só:
Mexiko 0 – 1 Engeland
Italië 3 – 2 Zambië
Die twee wenspanne is nou in die halfeind.
Tiyani Mabunda het die beseerde Hlompho Kekana in Bafana se span vervang vir die naweek se kragmeting teen Nigerië.