Vandag se sportnuus

Tennis

Dit was gister dag tien by die Franse Ope op Roland Garros en reën het sake deurmekaar gekrap. Gister se kwarteindwedstryde vir mans sal vandag voltooi word.

Rafael Nadal, wat al nege keer kampioen was, speel teen Pablo Carreno Busta, terwyl Novak Djokovic vir Dominic Thiem die stryd aansê. Andy Murray sal ook teen Kei Nishikori speel en Stanislas Wawrinka teen Marin Cilic.

In die enkelspel vir Vroue was daar gister twee opskuddings in die kwarteind:

Die 19-jarige Jelena Ostapenko het die elfde gekeurde Caroline Wozniacki in drie stelle uitgeskakel. Die dertiende gekeurde Kristina Mladenovic het ook pakslae gekry toe Timea Bacsinszky haar in twee stelle uitgestof het.

Krieket

By die IKR se Kampioenetrofee was Engeland en Nieu-Seeland gister in Cardiff

slaags.

Engeland                          310 (49.3/50 bb)

Nieu-Seeland                      223 (44.3/50 bb)

Engeland wen met 87 lopies

Bepalings

 

Motorfietswedrenne

Die naweek verskuif die aandag na Formule Een, met die Kanadese Grand Prix wat Sondag gejaag word. Die punteleer lyk só:

Internasionale Rugby

Die Britse en Ierse Leeus speel vandag in Nieu-Seeland teen die Blues.

Bepalings

Die Springbokspan wat Saterdag teen Frankryk in Pretoria speel, word môre bekend gemaak. Daar is heelwat vrae oor watter spelers as die skakelpaar, senterkombinasie en lostrio gekies gaan word. Intussen is aangekondig dat Duane Vermeulen die hele reeks teen die Franse gaan misloop as gevolg van sy skouerbesering.

Superrugby

Soos sake tans staan sal die volgende spanne in die uitspeelwedstryde betrokke wees.

 

Suid-Afrikaanse Groep

By die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o.20’s in Georgië word die volgende wedstryde môre gespeel.

 

Gholf

Dié week verskuif die aandag in die Amerikaanse reeks na die St. Jude Classic in Memphis, Tennessee. Die voormalige kampioen Padraig Harrington moes hom onttrek nadat hy ’n elmboogbesering opgedoen het.

In Europa slaan die spelers môre af in die Lyoness Ope in Oostenryk.

Sokker

By FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk môre se halfeindbepalings só:

Uruguay        v          Venezuela    Daejeon-stadion      10:00

Italië         v          Engeland      Jeonju-stadion         13:00

Bafana speel komende naweek teen Nigerië. Die wedstryd is deel van die Afcon-kwalifiseringsreeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.