Vandag se sportnuus

Krieket 

By die IKR se Kampioenetrofee het Suid-Afrika en Pakistan gister kragte gemeet.

Die Proteas het gesukkel met die kolf en kon net 219 lopies in 50 boulbeurte aanteken. David Miller het 75 bygedra. Reën het spel beëindig toe Pakistan op 119/3 was ná 27 boulbeurte. Dit het aan Pakistan ’n oorwinning van 19 lopies op die Duckworth-Lewis-metode besorg.

Bepalings

 

Tennis

By die Franse Ope op Roland Garros is die vier kwarteindwedstryde vir mans afgehandel:

In die enkelspel vir Vroue is die laaste twee kwarteindwedstryde gespeel.

Internasionale Rugby

Die Britse en Ierse Leeus het gister in hul tweede kragmeting in Nieu-Seeland teen die Blues gespeel, en pak gekry. Die Blues was baas met 22-16 en het drie drieë teenoor een gedruk. CJ Stander het die Leeus se drie gedruk.

Bepalings

Die Springbokspan wat Saterdag teen Frankryk in Pretoria speel, word vanmiddag om 14:00 bekend gemaak.

Superrugby

Die meeste spanne rus in Juniemaand en daar word dié naweek net een wedstryd gespeel.

Vrydag 9 Junie        Hurricanes    v          Chiefs            Westpac-stadion     09:35

Curriebekerrugby

Vanjaar se kompetisie begin op 21 Julie en eindig met die eindstryd op 28 Oktober.

By die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o.20’s in Georgië word die volgende wedstryde vandag gespeel.

Drie veranderinge is aan die Baba-bokkies se beginspan gemaak. Curwin Bosch, Ruben van Heerden en Hendre Stassen sal die wedstryd begin.

Atletiek

Twee Suid-Afrikaners is vanaand by die IAAF Diamantliga-byeenkoms in Rome in aksie. Wenda Nel sal aan die 400 m-hekkies deelneem en Dominique Scott-Efurd aan die 5 000 m.

Gholf

In die Amerikaanse reeks sal vyf Suid-Afrikaners by die St. Jude Classic in Memphis afslaan. Hulle is Rory Sabbatini, Tyrone Van Aswegen, Retief Goosen, Charl Schwartzel en Ernie Els.

In Europa begin die Lyoness Ope in Oostenryk vandag. Verskeie Suid-Afrikaners is in aksie, onder andere Zander Lombard en Jbe Kruger.

Motorwedrenne

Die Kanadese Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag en die vraag is: Kan enige renjaer vir Sebastian Vettel of Lewis Hamilton die stryd aansê?

Die week se Moto GP-aksie is in Spanje met die Grand Prix van Catalunya wat gejaag word. Maverick Vinales op sy Movistar Yamaha is 26 punte voor Andrea Dovizioso op ’n Ducati.

Sokker

By FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea word die halfeindstryde vandag gespeel.

Uruguay        v          Venezuela    Daejeon-stadion      10:00

Italië         v          Engeland      Jeonju-stadion      13:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.