Vandag se sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Gholf

Die BMW SA Ope is gister op die Glendowerbaan in Ekurhuleni afgehandel.

Die wenner is eers ná ʼn valbylstryd van 3 putjies bepaal.

1Graeme Storm-18F-169636771270
2Rory Mcilroy-18F-467686768270
3Jordan L Smith-17F-467686868271
4Dean Burmester-15F-367706769273
5Trevor Fisher jr.-14F-366687169274
Thomas Aiken-14F-367706869274

In die Amerikaanse PGA-reeks is die Sony Ope in Honolulu gespeel.

1Justin Thomas-27F-559646565253
2Justin Rose-20F-666646664260
3Jordan Spieth-19F-765676663261
13Branden Grace-13F-367686567267

Krieket

Op die Wanderers in Johannesburg het Suid-Afrika skoonskip in die toetsreeks teen Sri Lanka gemaak deur die derde en finale toets met ʼn beurt en 118 lopies te wen.

Die toets was reeds op dag 3 iets van die verlede met die Proteas wat Sri Lanka vinnig kafgedraf het. Wayne Parnell het 6 paaltjies in die wedstryd platgetrek en die nuweling Duanne Olivier 5.

In Wellington is dit die laaste dag van die eerste toets tussen Nieu-Seeland en Bangladesj. Bangladesj is vir net 160 in hul tweede beurt uitgehaal wat aan Nieu-Seeland ʼn goeie kans op oorwinning gee.

Pakistan het Australië in hul tweede eendagwedstryd in Melbourne geklop:

Australië 220

Pakistan 221/4 (47.4/50 bb)

Pakistan wen met 6 paaltjies (met 14 balle oor)

In die eerste eendagwedstryd in Pune het Engeland pak gekry:

Engeland 350/7 (50 ov)

Indië 356/7 (48.1/50 ov)

Indië wen met 3 paaltjies (met 11 balle oor)

Sunfoil-krieketreeks

Al drie wedstryde het die naweek onbeslis geëindig.

Op die Diamant Ovaal in Kimberley:

Knights 487/7 v

Dolphins 538/7 v (141 bb)

Op Willowmoore Park in Benoni:

Lions 347 & 308/6 v

Titans 251 & 143/2 (50 bb, teiken: 405)

Op Buffalo Park in Oos-Londen:

Cape Cobras 291 & 71/3 (23 bb)

Warriors 260

Vrouekrieket

Die Momentum Proteas-vrouespan het ook hul tweede eendagwedstryd teen Bangladesj gewen. Hulle het met 17 lopies geseëvier om nou 2-0 voor te loop in die reeks van vyf wedstryde.

Tydren-nuus

Die 39ste Dakartydren is voltooi en die finale uitslag lyk so:

Motorafdeling:

Stephan Peterhansel in ʼn Peugeot het sy 13de titel verower.

1.300S. PETERHANSEL (FRA)28:49:30
2.309S. LOEB (FRA)+5:13
3.307C. DESPRES (FRA)+33:28
4.305N. ROMA (ESP)+1:16:43
5.302G. DE VILLIERS (ZAF)+1:49:48

Motorfietsafdeling:

Sam Sunderland het die eerste Brit geword om die Dakartydren te wen.

1.014S. SUNDERLAND (GBR)32:06:22
2.016M. WALKNER (AUT)+32:00
3.008G. FARRES GUELL (ESP)+35:40
4.006A. VAN BEVEREN (FRA)+36:28
5.011J. BARREDA BORT (ESP)+43:08
6.132J. EVANS (ZAF)+32:55:22

Tennis

Die eerste Grand Slam van die nuwe jaar, die Australiese Ope, is aan die gang!

Die eerste skok was dat die vierde gekeurde Simona Halep in die eerste ronde uitgeskakel is.

Van die ander wedstryde vandag sluit in dat die eerste gekeurde Andy Murray teen Illya Marchenko speel. En Key Nishikori kom te staan teen A. Kuznetsov.

In die vroueafdeling speel die eerste gekeurde Angelique Kerber teen die Oekraïne se Lesya Tsurenko.

Sokker

In die Engelse Premierliga is daar gister twee wedstryde gespeel:

Manchester United1-1Liverpool
Everton4-0Manchester City

In die Afconbeker was daar ook twee wedstryde:

Tunisië0-2Senegal
Algerië2 – 2Zimbabwe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.