Vandag se sportnuus

Krieket 

By die IKR se Kampioenetrofee het Indië en Sri Lanka gister kragte gemeet.

Indië           321/6 (50.0 bb)

Sri Lanka       322/3  (48.4 bb)

Sri Lanka wen met 7 paaltjies (met 8 balle oor).

Dié uitslag beteken dat die oorblywende wedstryde in Groep B as kwarteindwedstryde beskryf kan word. Suid-Afrika speel teen Indië en Sri Lanka teen Pakistan.

Bepalings

 

Tennis

By die Franse Ope op Roland Garros is die twee halfeindstryde in die Vroue-enkelspel afgehandel:

Die Manshalfeindstryde word vandag om 11:00 beslis.

Internasionale rugby

Die Britse en Ierse Leeus speel môre in hul derde kragmeting in Nieu-Seeland teen die Crusaders. Die wedstryd begin om 09:35.

Die Springbokspan wat môre net ná vyfuur teen Frankryk in Pretoria speel, is gister bekend gemaak. Daar is vier nuwelinge in die beginspan. Hulle is Andries Coetzee, Courtnal Skosan, Raymond Rhule en Ross Cronje.

Superrugby

Net een wedstryd word die naweek gespeel. Vandag speel die Hurricanes teen die Chiefs in die Westpac Stadion om 09:35.

By die Wêreld Junior Rugbykampioenskap vir o.20’s in Georgië is daar gister ses wedstryde gespeel.

Netbal

In die Brutal Fruit Premierliga sal die halfeindwedstryde die naweek beslis word. Die Golden Fireballs sal teen die North West Flames speel, terwyl die Stings en Jaguars sake sal uitspook.

Gholf

In die Amerikaanse reeks is die eerste ronde by die St. Jude Classic in Memphis gespeel. Drie Suid-Afrikaners was onder die vroeë voorlopers.

In Europa het die Lyoness Ope gister in Oostenryk begin.

 

Motorwedrenne

Die Kanadese Formule Een Grand Prix word Sondag gejaag. Die kwalifisering vind môre plaas om die wegspringrooster te bepaal.

Die week se Moto GP-aksie is in Spanje met die Grand Prix van Catalunya wat gejaag word. Maverick Vinales op sy Yamaha het tot dusver die seisoen oorheers.

Sokker

By Fifa se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea is die halfeindstryde gister beslis.

Italië        1 – 3      Engeland

Uruguay  (4)  1 – 1  (3) Venezuela

Bafana speel môre om 17:00 in ʼn Afcon-kwalifiseringswedstryd teen Nigerië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.