Vandag se sportnuus

Krieket 

By die IKR se Kampioenetrofee het Suid-Afrika gister teen Indië in ’n beslissende wedstryd gespeel. Die Proteas het ’n krieketles soos min gekry en is uit die toernooi geboender. Ons het eerste gekolf en drie van ons kolwers is uitgehardloop. Boonop het die Proteas hul laaste 8 paaltjies vir net 51 lopies verloor.

Suid-Afrika    191 (44.3 bb)

Indië          193/2 (38.0 bb)

Indië het op ’n drafstap met 8 paaltjies gewen (met 72 balle oor).

Bepalings

Vandag

Tennis

Die Franse Ope op Roland Garros het gister ten einde geloop. In die Mans-enkelspel het die koning van klei, die 31-jarige Rafa Nadal, sy tiende Franse Ope-titel ingepalm. Die vierde gekeurde Nadal het in drie stelle met Stan Wawrinka afgereken. Die telling was 6-2, 6-3 en 6-1.

Vroue-enkelspel

Die 20-jarige ongekeurde Jelena Ostapenko het met die vrouekroon weggestap deur die derde gekeurde Simona Halep met 4-6, 6-4 en 6-3 te klop.

Internasionale Rugby

Die Springbokspan het die Franse Hane Saterdag behoorlik in die eerste toets verinneweer. Suid-Afrika het uitstekend gespeel en met 37-14 koning gekraai en vier drieë teenoor twee gedruk.

Die Britse en Ierse Leeus het in hul derde kragmeting in Nieu-Seeland teen die Crusaders gespeel en met 12-3 geseëvier.

Superrugby

Net een wedstryd is dié naweek gespeel.

Hurricanes    14-17  Chiefs     Westpac-stadion

By die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o.20’s in Georgië speel Suid-Afrika  môre teen Engeland in die halfeind. Suid-Afrika het hul plek in die halfeind bespreek met ’n uitstekende oorwinning van 72-14 oor Argentinië.

Netbal

In die Brutal Fruit Premierliga het die Golden Fireballs die derde plek beklink met ’n oorwinning van 55-45 oor die Southern Stings. In die eindstryd het Gauteng se Jaguars klaargespeel met die North West Flames om as kampioenspan gekroon te word. Die eindtelling was 49-43.

Gholf

In die Amerikaanse Reeks is die St. Jude Classic in Memphis afgehandel.

In Europa het die Lyoness Ope gister in Oostenryk ten einde geloop. ’n Suid-Afrikaner het sy stem dik gemaak en sy eerste Europese titel ingepalm.

 

Motorwedrenne

Die Kanadese Formule Een Grand Prix is gister gejaag en Lewis Hamilton het vir die sesde keer dié wedren gewen.

In Spanje is die Moto GP van Catalunya gister afgehandel.

Atletiek

Usain Bolt het in Jamaika aan sy laaste 100 m voor 30 000 toeskouers deelgeneem en die wedloop gewen.

Sokker

By FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea het Engeland hul eerste Wêreldtitel in enige vorm van dié spel sedert 1966 gewen. Engeland is as die Junior Wêreldkampioen gekroon ná hul 1-0 oorwinning oor Venezuela.

Bafana Bafana het hul Afcon-kwalifiseringswedstryd teen Nigirië met 2-0 gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.